Goeie vangste

Goeie vangste

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die vier knap hengelaars van die Overberg Kushengelklub met hulle vangstes, met vlnr Morné Olivier, Eldo Marais, Sihan Toua en Oubaas Lesch

Die Overberg Kushengelklub spog met goeie vangste tydens hulle vorige rots- en strandhengelkompetisie.

Die wenners vir die dag was Sihan Toua met sy Steenbras van 6.08kg en hy het ook die prys vir die swaarste sak ingepalm. Die ander drie wenners was Oubaas Lesch met sy Steenbras van 2.86kg en twee Galjoene van 0.92kg en 1.22kg, Eldo Marais met sy Galjoen van 1.92kg en Morné Olivier met sy twee Galjoene van 1.7kg en 0.94kg.

“Dit was ‘n baie suksesvolle dag wat terdeë deur almal geniet is en wat met ‘n gesellige kuier en ete saam met die dames afgesluit is,” vertel Maynhard van Niekerk van die klub. Hy het ook verwys na die klub se gesellige Familiebyeenkoms saam met die hengelaars se gesinne waarna daar baie uitgesien word. Die hengeldag val saam met die Interklub-kompetisie tussen Overberg Kushengelklub en Stilbaai Kus-hengelklub.
Borge (alfabeties) vir die kompetisie was Boathouse restaurant, Gansbaai Sport & Tackle, Hennie Kriel Bouers en L & S Motors.

Vir enige navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha
 

Goeie vangste

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles