Jukskei Nuus

Pearly Beach se jukskeiklub het verlede Saterdag presteer deur eerste te eindig in  Wimpy Bredasdorp se jukskeitoernooi te L’Agulhas.  Twaalf spanne van onder andere L’Agulhas, Robert-son, Swellendam en Bettysbaai het aan die kompetisie deelge-neem. Pearly Beach se span is verteenwoordig deur Toeks Moore (leenspeler), John Swart, Lourens Venter en Dirk van der Westhuizen.

Die gewilde jaarlikse jukskeitoernooi van die NG-Kerk Gansbaai vind op Saterdag 14 September by Gansbaai se jukskeibane plaas. Franskraal (2 spanne), De Kelders (2 spanne), Kleinbaai (2 spanne), Pearly Beach en Gansbaai/predikante sal teen mekaar kompeteer. As daar nog persone is wat belangstel om te speel, kan Francia van Dyk wie dalk nog spelers benodig, by 028-3840262 gekontak word.

Dirk van der Westhuizen