Wanneer vang ek weer vis

Wanneer vang ek weer vis

Gansbaai Courant

Vandag wil ek graag iets deel met die hengelaar wat “ken van”. Dis nou die persoon wat ondervinding het van die sport en wat al gewoond daaraan is om gewoonlik meer as sy medehengelaar te vang. Ek dink selfs hierdie groepie sal erken dat hoewel ondervinding ‘n groot rol speel, geluk ook maar sy plek het. Kom ons aanvaar dat terwyl die samestelling van die veteraanhengelaar bestaan uit hope ondervinding en ‘n baie kleiner hoeveelheid geluk, dit in die beginner se geval net andersom is.

Enige hengelaar (vanaf ‘n boot, of  van die kant af) sal weet dat daar tog tye voorkom wanneer al sy ondervinding glad nie in die prentjie kom nie en hy (ons sluit die dames hierby in) maar net kan toekyk hoe die ander die vis uitbring en hy droëbek moet toekyk. Wie van ons was nie al in hierdie posisie nie? Somtyds duur die ongelukkige tyd nie baie lank nie, maar daar is mos die tye dat jy voel dis nou die tyd om “af te tree”, want na ‘n week of wat raak jy darem moedeloos! Jy het al jou kunsies toegepas en alles denkbaar probeer  --  maar die geluk bly hierdie keer weg.

Dit gaan nie hier om watter tegniek jy nog kan probeer nie, dis waar die ondervinding inkom, jy behoort te weet waarvan ek praat. Ek weet dat die ou wat “ken van” nie daarvan hou om advies te ontvang nie, maar gee my asb. kans om te verduidelik.

Wat ek aanbeveel gedurende hierdie tyd van frustrasie en verveling is die volgende: As dit in jou vermoë is, skaf ‘n nuwe, of minstens ‘n ander visstok aan, of dalk ‘n katrol (een wat jy nog altyd wou gehad het), of ‘n lyn wat ander kwaliteite het as waaraan jy gewoond is. Of iets soos ‘n anderste soort “dollie”, of maak sommer een. Maar skaf iets aan wat jou opgewonde sal maak en wat jy wil probeer wanneer jy weer by die water kom. In daardie slegte tye behoort dit jou besig te hou, en begin jy skielik weer vis te vang, wonder maar of hierdie nuwe gereedskap gehelp het  --  of dalk is jou geluk weer terug!! Dit werk vir my, in elk geval.

Mooi loop. Seemeeu

Nog vertalings:
Main line - hooflyn,
Reel in - inkatrol,
Dropshot tackle - loodkopgerei,
Soft plastics - sagte plastiek-kunsase,
Stick baits - houtase (bv. soos sommige bytelneus-proppe),
Drop shot angling - loodkophengel.

Wanneer vang ek weer vis

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles