Gansbaai Krieketnuus

Gansbaai Krieketnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Corrie Avenant, Speler van die Wedstryd.

Gansbaai Krieketklub het Sondag hul aanslag op die 2013-2014 (40 overs) Overberg Sondag Liga op 'n hoë noot, met 'n oorwinning van 193 lopies teen Stanford Krieketklub begin. Die wedstryd is op die Gansbaai Gemeenskaps Sportgronde gespeel as gevolg van Stanford se veld wat onder water was.

Gansbaai Krieketklub het eerste gekolf. Christo Swart 23 (1x4)(1x6) en Corrie Avenant 64 (6x4)(3x6) het op 'n baie moeilike kolfblad die grondslag vir 'n groot telling gelê met 'n eerste paaltjie vennootskap van 76 lopies. Drian Kriel 39 (3x4)(2x6) en Johan Botha 52 (7x4)(2x6) het ook goeie beurte gespeel. Stanford se boulers het ook nie goed geboul nie, wat veroorsaak het dat daar 49 extras afgestaan is. Die enigste bouler wat sukses kon behaal is L Isbach (6-0-44-3). Gansbaai het 'n reuse totaal van 258/8 in 40 boulbeurte aangeteken.

Stanford se kolwers kon nie veel weerstand teen die goeie vinnige boulwerk van die openingsboulers, Gurchwin Davids (5-0-11-2) en Drian Kriel (6-1-12-2) bied nie. Na 'n goeie direkte ingooi van Junior van der Linde (wat daartoe bygedra het dat die kolwer uitgehardloop is), het Stanford op 18/5 gesteier. Christo Swart (4-0-16-3), Johan Beets (5-0-23-1) en Juan Havenga (0.4-0-1-1) het die laaste 5 paaltjies geneem. Stanford was almal uit vir 65 lopies. Die enigste kolwer wat stande kon bly was. R van Zyl met 26 (1x4) n.u.n. Corrie Avenant was aangewys as die Speler van die wedstryd, na 'n baie goeie vangkans en sy kolfbeurt van 64 lopies.

Gansbaai se volgende wedstryd is op Sondag 8 September tuis teen Kleinmond Krieketklub. Sportiewe groete

Heinrich Vermeulen, Klubsekretaris

Gansbaai Krieketnuus

Heinrich Vermeulen

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles