Tornado verstom

Tornado verstom

Gansbaai Courant

Foto: Louw Hugo van Kleinbaai.

'n Seldsame weerverskynsel het hom Vrydagoggend om 09:00 oor die see by Dyer Eiland afgespeel. Terwyl die Noordelike Halfrond en veral die VSA, gereeld deur verwoestende tornado's geteister word, is dit raar in die Suidelike Halfrond en dus ook in Gansbaai.

Verskeie verbaasde lesers het Vrydag foto's van die tornado oor die see naby Dyer Eiland aan die Courant ge-epos. Die afgelope week het ons 'n goed ontwikkelde kouefront met sterk gedefinieerde valwinde óf reënwindbui-lyne vanuit die noordweste oor die see ervaar.

Die wind het 'n intense laagdruksisteem op mesoskaal binne die kouefront laat ontstaan. Hierdie warm lug is opeengehoop en opgeforseer. Dit het 'n kloksgewyse lugsirkulasie tot gevolg gehad wat 'n vortex (tregter) gevorm het. Water is in hierdie watertuit (watersprout) opgetrek en het die tregter duidelik sigbaar gemaak. Die lugstrome ontsnap vinniger aan die bo-punt as onder en die draaiende wind kan so al sterker gevoed word en nog meer water optrek. Die wydte van die verwoestingspad is selde breër as 500 meter en sy woed haar gewoonlik binne 'n kort afstand van sowat 20 kilometers uit.  Die tregter kan hoogtes van tot 15000 meter bereik en vorentoe beweeg teen sowat 30 km/uur. Windsnelheid rondom die tornado se oog kan oor die 200 km/uur haal. Dit verlaag die druk in geboue waaroor hul beweeg in so 'n mate dat dit van binne na buite kan ontplof. Los materiaal word ook maklik in die tregter opgesuig.

Tornado's is die hewigste, destruktiewe atmosferiese versteuring wat kan voorkom. Dit is egter ten spyte van die skouspelagtigheid en skrikwekkendheid daarvan van mindere belang in wêreldklimate. Tornado's se verspreiding is beperk tot 'n paar streke en hul voorkoms is ongereeld.

Tornado's kry gewoonlik vrouename, moontlik weens hul wispelturigheid.

Francois de Jongh

Tornado verstom

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles