Tornado verstom

Tornado verstom

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Foto: Louw Hugo van Kleinbaai.

'n Seldsame weerverskynsel het hom Vrydagoggend om 09:00 oor die see by Dyer Eiland afgespeel. Terwyl die Noordelike Halfrond en veral die VSA, gereeld deur verwoestende tornado's geteister word, is dit raar in die Suidelike Halfrond en dus ook in Gansbaai.

Verskeie verbaasde lesers het Vrydag foto's van die tornado oor die see naby Dyer Eiland aan die Courant ge-epos. Die afgelope week het ons 'n goed ontwikkelde kouefront met sterk gedefinieerde valwinde óf reënwindbui-lyne vanuit die noordweste oor die see ervaar.

Die wind het 'n intense laagdruksisteem op mesoskaal binne die kouefront laat ontstaan. Hierdie warm lug is opeengehoop en opgeforseer. Dit het 'n kloksgewyse lugsirkulasie tot gevolg gehad wat 'n vortex (tregter) gevorm het. Water is in hierdie watertuit (watersprout) opgetrek en het die tregter duidelik sigbaar gemaak. Die lugstrome ontsnap vinniger aan die bo-punt as onder en die draaiende wind kan so al sterker gevoed word en nog meer water optrek. Die wydte van die verwoestingspad is selde breër as 500 meter en sy woed haar gewoonlik binne 'n kort afstand van sowat 20 kilometers uit.  Die tregter kan hoogtes van tot 15000 meter bereik en vorentoe beweeg teen sowat 30 km/uur. Windsnelheid rondom die tornado se oog kan oor die 200 km/uur haal. Dit verlaag die druk in geboue waaroor hul beweeg in so 'n mate dat dit van binne na buite kan ontplof. Los materiaal word ook maklik in die tregter opgesuig.

Tornado's is die hewigste, destruktiewe atmosferiese versteuring wat kan voorkom. Dit is egter ten spyte van die skouspelagtigheid en skrikwekkendheid daarvan van mindere belang in wêreldklimate. Tornado's se verspreiding is beperk tot 'n paar streke en hul voorkoms is ongereeld.

Tornado's kry gewoonlik vrouename, moontlik weens hul wispelturigheid.

Francois de Jongh

Tornado verstom

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles