DA Bedank Gansbaai Inwoners

Voorbereiding vir die Algemene Verkiesing in 2014 is reeds in volle swang. Om te sorg dat al ons kiesers geregistreer is, is by uitstek die belangrikste. Ons het elke stem nodig !!!

In Gansbaai dorp, De Kelders en Blompark is ons helpers reeds besig om  van huis tot huis te gaan om seker te maak dat u naam op die kieserslys is. Ons wil almal wat dit vir die werkers so maklik maak, gasvry en behulpsaam is, opreg bedank (..onthou asb. die 2014 verkiesing is die Algemene Verkiesing – nie die Munisipale Verkiesing nie!!)

‘n Oproep word gedoen op al ons DA ondersteuners om  die AJV op 9 September by te woon in die Toerisme Sentrum om 18h00.

Vir navrae: Riana de Coning 028 388 0788 of Ans Scholtz  028 388 0207