BBos Vroue saamtrek

BBos Vroue saamtrek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Douvoordag soos dit ‘n boervrou betaam is 14 dames, oud en jonk,  opgekommandeer om reeds half 8 Msopi se bussie te kry.  Na 15 minute se gewag was daar nie meer keer aan die boervroue nie en daar word toe besluit om hul vervoer te gaan soek.  Ten einde is die bussie gevind voor ‘n water verspoeling waar die bestuurder sit en wonder of hy daar kan en moet deurry. 
Met hul aankoms by Superplants op Hermanus is die dames begroet met ‘n stywe plaas-ontbyt gevolg deur koffie en tee. 

Bronia het hul kennis verbreed oor rose , hoe om jou eie komposhoop te begin asook oor hoe om jou eie kruie- tuin te maak. Daar is geruik en “proe” aan al wat 'n krui is!  Bronia het haar uitstekend van haar taak gekwyt, so goed dat daar amper nie plek was vir die dames in die bussie nie, want dit was net plante en kruie waar jy kyk.

Na afloop van die praktiese informasie-sessie deur Bronia is hul bederf met heerlike kaaskoek en tee van Wonderland asook ‘n geskenkpak van Superplants.

Die volgende stop was by Veronick’s, in die middedorp van Hermanus.  Die dames het verdeel in twee groepe waar hulle  “scrap booking” gedoen het.  Die pragtigste spogboekies is gemaak volgens elke vrou se eie kreatiwiteit en smaak. Dit was omtrent ‘n storie om almal uit die wonderlike winkel uit te kry.

Dit dag  se sukses kan gemeet word aan die lekker saamlag en die goeie spangees wat geseëvier het onder die boervroue!   Hul kan nie wag vir die volgende uitstappie nie!

Marietta Uys

BBos Vroue saamtrek

Marietta Uys

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles