Bietoubossers en Naledi

Bietoubossers en Naledi

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die wenners van boeke, met vlnr Leonie Botha, Lettie van Deventer, Bokkie Loubser, Tersia Coetzee (Naledi Uitgewers) en Ronel de Villiers

 “Ten spyte van die reën en stormwind het die Bietoubossers op 13 Augustus die kategesesaal volgepak en hulle het behoorlik gekuier,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Hulle het vir Tersia Coetzee van Naledi Uitgewers genooi om as gasspreker op te tree. Sy het vertel dat sy en haar man, Johan, dié Uitgewers aanvanklik alleen begin en beman het. “Onlangs het Melt Myburgh van Woordfeesfaam by ons aangesluit,” het Tersia gesê. Die naam, Naledi, is ‘n woord uit Noord-Sotho wat “Ster” beteken. Boeke soos onder andere Die Lanternswaaiers van SD Fourie, Spoor van die Perlemoenstropers van Johan Fourie, Pitkos van ST Potgieter en Amoré Bekker se Resepteboek is al deur Naledi Uitgewers uitgegee. “Die Bietoubossers het vinnig tot die besef gekom dat die uitgee van ‘n boek ‘n enorme werk is,” sê Elizma. Tersia het gesê die kostes vir die uitgee van ‘n boek is die Uitgewer se risiko - daarom is dit van kardinale belang dat behoorlike bemarking gedoen moet word. Vir ‘n gemiddelde boek moet 2000-3000 boeke verkoop word net om die kostes daaraan verbonde te dek. Elizma vertel dat daar 'n lekker bonus vir die besoekers was: 4 pryswenners is deur middel van hulle lootjietrekking aangewys. “Elkeen van dié vier dames het ‘n boek as geskenk van Naledi Uitgewers ontvang.” Dirk en Eva Büchner van Huis Breda het tussendeur gesorg vir aangename luistergenot met hul pragtige samesang. Daarna was die smaaklike eetgoed en saamkuier die laaste strooi om die gaste van die triestige weer te laat vergeet en almal kon huis toe keer met genoeg warmte in die hart.

Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 10 September 2013 en vir navrae kan Annette van Zyl by 028-384-1075 gekontak word.

Hardus Botha

 

Bietoubossers en Naledi

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles