Rolbalnuus

Rolbalnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Alwyn Swart Old Oak Rolbalklub en Ivan Giles President van Franskraal Rolbal

Die afgelope tyd was die weer nie gunstig om rolbal te speel nie, maar daar was gelukkig 'n redelike mooiweersdag op 24 Augustus 2013. Dit was die jaarlikse geleentheid waaraan ses spanne elk van Franskraal, Kleinmond en Old Oak (WP) klubs deelgeneem het.

Die toernooi is veronderstel om 'n vriendskap-like geleentheid te wees, maar daar is altyd maar 'n mate van wedywering onder die spelers – alles natuurlik in 'ngoeie gees soos dit rolbalspelers betaam. Dit dra ook by dat goeie rolbal gespeel word anders sal dit maar 'n saai affêre afgee.

Die dag het goed verloop en die nuwe President, Ivan Giles en sy span organiseerders het alles goed raakgevat.

Die borge vir die dag was Colour Box van Gansbaai en die prokureurs firma van Hermanus, Jooste en Semer, wie se bydraes die dag die moeite werd gemaak het. Old Oak kom ook nooit met leë hande nie en die bydraes wat hulle saamgebring het, is goed aangewend sodat almal darem iets ontvang het al was dit dan ook net 'n troosprysie.

Die wenners van die toernooi was Alwyn Swart en sy span van Old Oak. Tweede was Ivan Giles en span van Franskraal en derde, Hennie Hablutzel en span, ook van Old Oak. Die klub wat die algeheel beste gevaar het, was Old Oak met Franskraal tweede en Kleinmond, derde.

Daar lê 'n bedrywige seisoen voor op en sowel af van die perke waaroor later meer berig sal word.

Pieter Conradie


Vlnr  Alwyn Swart, Susie Swart, Schalk Kotze (Skip) en Etienne Malherbe van Old Oak Rolbalklub het die eerste prys ontvang.

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles