Ek het glad nie ‘n idee waarvandaan hierdie resep kom nie. Dis ‘n los stukkie papier wat ek in ‘n laai gevind het en indien ek plagiaat pleeg, vra ek vroegtydig om verskoning. Ek kon die versoeking egter nie weerstaan nie en behalwe vir die resep as sulks is die manier waarop dit geskryf is, sommer net “lekker”. Ek plaas die resep volledig en onveranderd, soos ek dit gevind het.
Galjoen op die strand
Maak ‘n gat van 60 cm in deursnee en 30cm diep in die sand. Maak ‘n vuur in die gat -- ‘n grote, vir baie kole. Drink intussen ‘n goeie dop of twee. Draai die heel, skoongemaakte en gegeurde galjoen toe in veelvoudige lae nat bruinpapier.
Plaas die vis sonder om te vrees in die middel van die kole en bedek liggies met sand. Drink nog ‘n dop en ná 30 minute sal jy tot jou skok ‘n verbrande massa uit die gat haal.
Laat dit effens afkoel. Sny oop en trek die papier en vel van die vis af. Wat dan voor jou lê, is koningskos!
Wie dit ookal geskryf het, baie mooi!
Hier is ‘n paar gesegdes, wat baie interessant is:
‘n Sloer (paar bossies vis),
bordvol (klaar genoeg gevang),
kyk hoe galak is hy (geel in die gesig),
riemhou (teen die stroom hou),
moenie in my “chumline” gooi nie (jy vang in my lokstroom),
helikopter (knorhaan),
deckload (dekvrag),
twakkie (mooi-nooientjie),
wanty-wanty, tik-tak (enkel visse),
pak slae (in rowwe water beland),
outjol (haai),
loodskool (snoek byt net op die lood),
parrie (rog, pylstert),
PW (rooistompneus),
kortbroek (baber).
Lekker lewe, Seemeeu
Galjoen op die strand
05 September 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.