Galjoen op die strand

Galjoen op die strand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek het glad nie ‘n idee waarvandaan hierdie resep kom nie. Dis ‘n  los stukkie papier wat ek in ‘n laai gevind het en indien ek plagiaat pleeg, vra ek vroegtydig om verskoning. Ek kon die versoeking egter nie weerstaan nie en behalwe vir die resep as sulks is die manier waarop dit geskryf is, sommer net “lekker”.  Ek plaas die resep volledig en onveranderd, soos ek dit gevind het.

Galjoen op die strand

Maak ‘n gat van 60 cm in deursnee en 30cm diep in die sand. Maak ‘n vuur in die gat  --  ‘n grote, vir baie kole. Drink intussen ‘n goeie dop of twee. Draai die heel, skoongemaakte en gegeurde galjoen toe in veelvoudige lae nat bruinpapier.

Plaas die vis sonder om te vrees in die middel van die kole en bedek liggies met sand. Drink nog ‘n dop en ná 30 minute sal jy tot jou skok ‘n verbrande massa uit die gat haal.

Laat dit effens afkoel. Sny oop en trek die papier en vel van die vis af. Wat dan voor jou lê, is koningskos!

Wie dit ookal geskryf het, baie mooi!

Hier is ‘n paar gesegdes, wat baie interessant is:
‘n Sloer (paar bossies vis),
bordvol (klaar genoeg gevang),
kyk hoe galak is hy (geel in die gesig),
riemhou (teen die stroom hou),
moenie in my “chumline” gooi nie (jy vang in my lokstroom),
helikopter (knorhaan),
deckload (dekvrag),
twakkie (mooi-nooientjie),
wanty-wanty, tik-tak (enkel visse),
pak slae (in rowwe water beland),
outjol (haai),
loodskool (snoek byt net op die lood),
parrie (rog, pylstert),
PW (rooistompneus),
kortbroek (baber). 

Lekker lewe, Seemeeu

Galjoen op die strand

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles