Laerskool Gansbaai Presteer

Tydens die Boland Atletiek-byeenkoms in die Paarl het Mikayla Martinengo ‘n 3de plek en Zulene van Niekerk ‘n 6de plek in Landloop behaal.  Mikayla verower dan ook hiermee haar Boland-kleure in Landloop. Sy het op 24 Augustus 2013 aan die WP Atletiekbyeenkoms in Moorreesburg deelgeneem en haar WP-kleure verower. Hiermee verseker sy dan haar deelname aan die SA Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein op 21 September 2013.  Baie geluk met hierdie puik prestasie!  ‘n Hartlike dank aan mev Chrizulene van Niekerk wat hierdie leerders afgerig het.

Laerskool Gansbaai se Astro Quiz-spannetjie (bo) het vanjaar hul staal gewys toe hulle 16de geeïndig het uit ‘n totaal van 121 skole in die Wes-Kaap.  Hulle is Dinelle Kotze, De-Hann du Plessis, Justine Pieterse en Jordan Linehan met Nikita Coetzer en Jude Victor as reserwes. Ons is só trots op al hierdie leerders!

Jolette Bezuidenhout