BARC se Natsnoetdag

BARC se Natsnoetdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Trotse wenner tydens ‘n vorige BARC Troeteldierskou. Argieffoto: Gansbaai Courant

BARC se gewilde Natsnoetdag, as deel van die Fees van die Ganse, vind vanjaar op Dinsdag, 24 September (Erfenisdag) op Laerskool Gansbaai se sportgronde plaas. “Die dag se verrigting begin om 09:00 met ‘n ‘Big Walk’ optog in Hoofstraat waaraan eienaars met hulle diere aan leibande en kindertjies in stootwaentjies kan deelneem en die inskrywingsgeld beloop R10,” vertel Annalie Jonker van BARC.

Behalwe vir die straatoptog, is daar vele pret om na uit te sien, soos: 'n Hondemodeparade waarvoor daar opsoek is na “hondemodelle” om te paradeer; ‘n Parade van die diere wat by BARC aangeneem is; ‘n Troeteldierskou (hoogtepunt) in verskillende kategorieë en die inskrywingsgeld daarvoor is R10 per kategorie, met inskrywingsvorms wat nou reeds by die BARC winkel, Gansbaai Toerisme, Pet Shop en Chicken Land beskikbaar is; Stalletjies met pannekoek, worsrolletjies, nagereg en vla, koeldrank, tee en koffie, asook hondejassies, katspeelgoed (gebreide muise), kombersies, hondebeskuitjies en veel meer. ‘n Fotograaf sal ook beskikbaar wees om netjiese foto’s van eienaars en hul troeteldiere te neem.

Annalie sê lyste waar 'n lootjie van R5 gekoop kan word is reeds in omloop, waarmee kontantpryse van R500, R250 en R150 gewen kan word en dit is beskikbaar by die volgende plekke: Chicken Land, Pet Shop, Lighthouse Tavern, Gansbaai Toerisme, Needles & Pins, Bon Bon, BARC se winkel en ook by individue.

BARC se bestuur nooi graag almal uit om die dag te ondersteun. Alle fondse gaan vir ‘n gratis sterilisasie-veldtog gedurende November/Desember aangewend word.
Finansiële bydraes ten bate van BARC kan direk in hulle bankrekening inbetaal word (meld net die donateur se naam, of “anoniem” indien so verkies): BARC - Nedbank Gansbaai - Takkode 198-765 (nuwe takkode) - Rekeningnommer 149 810 3006 - Spaarrekening.

Vir navrae oor en inskrywings vir die Natsnoetdag kan Annalie Jonker by 028-384-1740 of 082-826-0631 gekontak word, of skakel Gansbaai Toerisme by 028-384-1439.

Hardus Botha

BARC se Natsnoetdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles