Fees uitgestel

Fees uitgestel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die jaarlikse Fees van die Ganse is weens omstandighede uitgestel en sal nie meer op 21 September aangebied word nie. Daar is op ‘n veel meer praktiese datum besluit: Saterdag, 7 Desember 2013. Vanjaar se feesdatum is uniek in die sin dat dit ook met die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies op die voorafgaande Vrydagaand, 6 Desember (met Gansbaai munisipaliteit se goedkeuring), sal saamval. Enkele redes wat tot hierdie besluit bygedra het, is hoofsaaklik feeste in omliggende dorpe, soos die Walvisfees in Hermanus en die 150ste Kerklike feesvieringe van die NG-gemeente in Stanford. Meer besonderhede sal in volgende uitgawes van Gansbaai Courant geplaas word.

Kennis moet net van sekere items wat wél op Saterdag, 21 September gaan plaasvind, geneem word: (1) Die Fees van die Ganse se aanbieding van die immergewilde Groet die Grotman-vertoning om 20:00 in die Pretoriussaal. Kaartjiepryse beloop R100, R120 en R150. Vir besprekings en kaartjies kan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 geskakel word. (2) Herberg-aan-See se gewilde basaar wat om 10:00 geopen sal word, met vele pret, plesier en interessante “inkopies”. Francia van Dyk kan by 028-384-0262 of 082-551-3613 gekontak word. (3) Fees van die Ganse Gholfkompetisie. Navrae aan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439. (4) Fees van die Ganse Varswater Hengelkompetisie vanaf 07:00 tot 14:30 te Lomond Wine Estate (Kraaibosdam), met vele pret, etes wynproe en musiek vir deelnemers en familielede.

Navrae aan Wayne Gabb by 028-388-0095 of 082-552-4124, of stuur ‘n e-pos aan hom by farm@biogrow.co.za. Voorts sal BARC se Natsnoetdag die daaropvolgende Dinsdag (Erfenisdag), 24 September plaasvind.

Baie pret en pryse wag daar op besoekers en Annalie Jonker van BARC kan by 028-384-1740 of 082-826-0631 geskakel word. Feesnavrae kan aan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 gerig word. Onthou die nuwe datum vir die Fees van die Ganse: 7 Desember 2013.   
         
Hardus Botha

Fees uitgestel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles