Biblioteek gesluit

Biblioteek gesluit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Deel van Gansbaai Biblioteek se knap personeel, met vlnr Zelda Fourie, Sharman Geldenhuys en Edna van der Linde

Kennis kan nou reeds geneem word dat Gansbaai Biblioteek vanaf Woensdag, 9 Oktober tot Vrydag, 11 Oktober gesluit sal wees. ‘n Voorradopname moet gedoen word en, ongeag moontlike ongerief vir lede, is dit ‘n noodsaaklike aksie wat nie tydens normale bedryfsure gedoen kan word nie. “Ons bied graag verskoning aan vir enige ongerief wat veroorsaak gaan word, maar die voorraadopname moet gedoen word,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris.

Intussen is die personeel steeds met groot vriendelikheid flink en bedrywig in die biblioteek, met Zelda Fourie, Edna van der Linde en Busisiwe Mtatase (nie teenwoordig tydens fotosessie nie) wat bankvas agter Sharman staan. Lede het geen rede tot kommer oor boetes vir laat-indienings as gevolg van die voorradopname nie. “Die datums op die stempels sal almal aangeskuif word en dit sal vir niemand nodig wees om boetes te betaal nie,” gee Sharman die versekering. “Dan nooi ek graag al ons ‘afgedwaalde skapies’ om weer te kom inloer vir lekkerlees Afrikaanse boeke wat beskikbaar is, asook dat lede hul kinders en kleinkinders sal aanmoedig om meer te lees en minder te internet.”

Gansbaai Biblioteek se bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30, ingesluit etenstye vir die gerief van werkendes.  

Hardus Botha

Biblioteek gesluit

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles