Rommel Walvis

Rommel Walvis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Foto: Alouise Lynch : Dyer Island Conservation Trust (DICT)

“Ons gaan ‘n lewensgrootte draadwalvis in Gansbaai vol rommel maak en die walvis sal voor Gansbaai Toerisme geplaas word,” vertel Alouise Lynch, Operasionele Bestuurder: Dyer Island Conservation Trust (DICT). DICT beplan om die strande vanaf Die Plaat tot by Franskraal gedurende die week skoon te maak en dan eindig hulle met die projek op International Coastal Cleanup Day, 21 September. “As ons nie ons marienelewe beskerm nie, wie sal dit vir ons doen?” Alouise sê daar word jaarliks honderde duisende soogdiere, insluitend miljoene seevoëls, doodgemaak deur rommel in die oseane. “Dit is ons skuld, want sowat 80% van die rommel kom van die land af - van my en van jou, en spoel in ons see in…,” sê sy.

Die gemeenskap word uitgenooi om vanaf 16 tot 21 September te kom help om ‘n verskil aan hierdie toedrag van sake te maak. Kom help die beamptes van DICT om Gansbaai area se strande te gaan skoonmaak - elke dag, vir ‘n hele week lank. Hulle gaan alle plastiekrommel wat op die strande opgetel word, gebruik om die lewensgrootte draadwalvis vol te stop, wat dan voor Gansbaai Toerisme vir ‘n hele week geplaas gaan word vir mense om te sien wat alles van die strande afkomstig is.

“Ons hoop om die walvis teen die 21ste September volgepak te kry,” sê Alouise. Sy bedank graag alle ondersteuners, asook die volgende instansies vir hulle ondersteuning met die veldtog teen rommel: Volkswagen South Africa, Overstrand Munisipaliteit, Gansbaai Toerisme en die Eko-skole.

Kom doen jou deel en skakel die organiseerders by 082-907-5607 of stuur ‘n e-pos aan office@dict.org.za.

Hardus Botha

Rommel Walvis

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles