Pret wag met Basaar

Pret wag met Basaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlytige dames onder leiding van Alice Bredenkamp (links) is hier besig met die bak van sowat 430 pakkies klein koekies vir HaS se Basaar

Groot pret en vele te kope en te ete en te geniete wag tydens volgende week se Herberg-aan-See (HaS) se jaarlikse en gewilde basaar. Groot koeke, kleinkoekies, pasteie, koeksisters, tombola-, wit-olifant- en naaldwerktafels, konfyte en veel, veel meer as wat opgenoem kan word. Daar sal ook ander vermaak, asook kindervermaak, beskikbaar wees, onder andere Flip Otto se bekende treintjie wat op die Kerkgronde gaan rondry. Naas vele ander harde voorbereidingswerk en “gebak en gebrou” is verlede week dosyne pasteie voorberei, met dosyne kleinkoekies en koeksisters wat hierdie week gebak en gemaak is. Die Fees van die Ganse is welliswaar na 7 Desember verskuif, maar die basaar ten bate van HaS gaan volstoom aan op Saterdag, 21 September en sal om 10:00 geopen word. Moet dit nie misloop nie en moenie laat daar aankom nie, dan ís dit misgeloop!

Basaarnavrae kan aan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gerig word.

Hardus Botha

Pret wag met Basaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles