Sing it Liriekskryfkompetisie

Sing it Liriekskryfkompetisie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sanlam en LitNet het pas die derde Sing ’it-liriekskryfkompetisie van stapel gestuur. Die kompetisie nooi Suid-Afrikaners van 18 jaar en ouer met ’n passie vir liedjies skryf om hulle lirieke in te stuur in ’n poging om R50 000 te wen! Verder sal liriekskrywers die geleentheid kry om dalk te sien hoe hulle lirieke in ‘n lied verwerk word, asook in ‘n musiekvideo wat uitsluitlik op MTV bekendgestel sal word.

Die kompetisie is ‘n vennootskap tussen die hoofborg, Sanlam, die organiseerders, LitNet, en die mediavennoot MTV (DStv kanaal 130). Daar is vanjaar vier top plaaslike kunstenaars/groepe wat die lirieke sal beoordeel, en elkeen sal musiek skryf vir een liriek wat hulle kies.  Vanjaar se deelnemende kunstenaars is: Blackbyrd, Straatligkinders, The Soil en Aka. Weens die vennootskap tussen Sing 'it en MTV sal dit die eerste keer in Suid-Afrika wees dat plaaslike kunstenaars die kuns van liriekskryf bevorder deur insetsels wat daagliks op MTV se Suid-Afrikaanse kanaal uitgesaai sal word.

"Omdat MTV ’n al hoe groter fokus op eietydse plaaslike musikante en repertoire wil laat val, is ons verheug om in vennootskap met Sanlam te tree in hierdie opwindende projek wat jongmense aanmoedig om hulle liriekskryfvermoëns te ontwikkel terwyl ons hulle met van Suid-Afrika se uitstekendste musiektalent in verbinding bring," het Alex Okosi, senior visepresident en besturende direkteur van Viacom International Media Networks Africa, opgemerk. Die kompetisie is meer as net ’n geleentheid vir amateur-liriekskrywers om hulle werk ten toon te stel – Sanlam Sing 'it se oogmerk is om ’n proses te fasiliteer waardeur liriekskrywers deel van die groter Suid-Afrikaanse musiekbedryf kan word. As organiseerders van die kompetisie en een van Suid-Afrika se voorste aanlyn  gemeenskappe is dit LitNet se oogmerk om aan Suid-Afrikaanse musiekkultuur ‘n stem te gee deur aan skrywers ‘n geleentheid te bied om hulle woorde waarlik te laat leef. Die kompetisie is een van Sanlam se baie projekte wat ’n platform skep vir plaaslike talent om ten toon gestel te word. “Sanlam was nog altyd ’n maatskappy wat hom daarop roem dat hy plaaslike talent ondersteun; vandaar ons borgskap van verskeie kultuurinisiatiewe,” het André Kearns, borgskapbestuurder by Sanlam, gesê. "Ons sien uit na nóg ’n suksesvolle jaar en na ’n paar unieke samewerkings tussen hierdie passievolle liriekskrywers en die deelnemende kunstenaars," sê LitNet se Sing 'it-projekbestuurder, Chrizane van Zyl.  Hoe om in te skryf : Om jou lirieke in te stuur, besoek www.singit.co.za of Sanlam Sing 'it se Facebook-blad: www.facebook.com/singit.co.za. Jy kan ook inskryf deur jou lirieke te e-pos aan singit@litnet.co.za.

Inskrywings sluit 30 September 2013. Finaliste word in November aangekondig. Hou MTV en Sanlam Sing 'it se webtuiste en Facebook-blad dop om vir jou gunsteling-liedjie te stem en dit af te laai. Let daarop dat bepalings en voorwaardes geld. Sanlam Sing 'it-kontakbesonderhede: Facebook: www.facebook.com/singit.co.za Twitter: @singitSA          Webtuiste: www.singit.co.za

Sing it Liriekskryfkompetisie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles