Daar is vis

Daar is vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die ou wat nie behoorlik oplet nie sal seker ook nie weet van die snoek wat nog die naweek by Dassiegat gevind is nie. Van die manne was heel gelukkig terwyl ander wel droëbek teruggekeer het. Die wispelturige weer is op die ou end die bepalende faktor, en natuurlik of jy met veiligheid op die water kan kom. Die goeie nuus is dat geelbek ook in die omgewing van die Punt gevind is  --  hoe lank wag ons nie al hiervoor nie? Miskien sal die westewinde vir nog sorg.

Die manne met die lang stokke het ook heel goed gevaar en daar is heelwat galjoen gevang (verbasend genoeg was nie almal so vet soos verwag nie). By Franskraal sowel as aan die begin van die Gruis is ook mooi steenbras raakgeloop. Die amper vuil water was blykbaar nie ‘n probleem nie.

Ek plaas hiermee ‘n stukkie inligting wat Piet van Zyl my besorg het wat onlangs saam met ‘n paar maats op Blombos gaan hengel het. Ek stel hom self aan die woord: “Praat van lekker  --  dan is dit nou ‘n trippie na die Blombos-kus. Jy sien mos vir so ‘n jaar lank uit en droom so van daai vettes dat jy selfs ‘n skepding in die vissak sit om so bietjie van die vetjies af te skraap wanneer die galjoen geland word. Dit is nou wel lekker, maar ook harde werk, die pad is alles behalwe gelyk, maar ons gaan weer  --  en weer  --  en weer!

Die water was bietjie koud en die kolsterte het ons opgevreet, maar hulle maak tog lekker viskoek! Reën was daar in oorvloed, maar het ons tog kans gegee. Die gesogte en alombekende galjoen was ook daar en die frustasie van verlore sinkers tog uiteindelik beloon met ‘n paar mooies in die sak.

Die vyf dae het verbygevlieg. Ma het by die huis gewag en so ‘n trofee moes die regte tyd opgedis word en sorg vir ‘n ekstra paar punte. Dis nou vir volgende jaar se groot uittog. En daai galjoen ís vet, hoor. Lank lewe Blombos.”

Groete, Seemeeu

Daar is vis

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles