Academia se Gholfdag

Academia se Gholfdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is nog net 'n paar afslaantye oop vir Gansbaai Academia se gholfdag wat op 14 September gehou word. Die hoofborg van die dag is Goose Bay Paints en die doel van die Gholfdag is om fondse vir die skool te genereer.

“Sedert verlede week is verskeie nuwe donasies vir pryse ontvang, wat onder ander uiteet-bewyse by ons plaaslike restaurante insluit,” vertel Ernst Nieuwoudt, Voorsitter van Gansbaai Academia Skoolbeheerliggaam. “Moet dus nie die gulde geleentheid vir goeie pryse misloop nie, kom skryf nou in om deel te neem.” Ernst sê alle lede van die publiek is ook welkom om ‘n ontbyt vanaf 08:30 tot 11:00 in die ontspanningssaal van Gansbaai Gholfklub te kom nuttig.

“Die ontbyt is uitstekende waarde teen slegs R35 per persoon en sluit 2 eiers, spek, varkworsie, beeswors en 2 snye roosterbrood in,” sê hy. “Voorts sal diegene wat die ontbyt ondersteun, outomaties in aanmerking kom vir ‘n geskenkbewys ter waarde van ongeveer R500 vir 'n ‘vol valet’ karwas by die donateur Carwash@gansbaai.”

Om teleurstelling te voorkom, kan ontbytkaartjies vooraf by Gansbaai Academia gekoop word, of skakel die skoolkantoor by 028-384-2370 of vir Helene Segal by 082-894-1651.

Academia se Gholfdag

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles