Krieketnuus

Krieketnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Krieketklub het Sondag hulle tweede oorwinning behaal deur 'n baie sterk span van Kleinmond KK, tuis met 2 paaltjies te klop.

Kleinmond KK het 'n redelike begin gehad met die kolf, maar kon as gevolg van 'n goeie boulvertoning deur Gurchwin Davids (5-0-20-0); Driaan Kriel (7-0-23-1); Corrie Avenant (8-0-36-4) en Johan Botha (5-0-14-1) slegs 'n totaal van 133 lopies almal uit in 30.4 boulbeurte aanteken. Kleinmond se beste kolwers was C Singleton met 25 (1x4) en R Serfontein met 28 (2x4) lopies. Gansbaai se vangwerk was nie baie goed nie en verskeie vangkanse is nie benut nie.

Gansbaai het toe gaan kolf en was danksy 'n tweede paaltjie-vennootskap van 64 lopies tussen Corrie Avenant 31 (4x4) en Driaan Kriel 59 (1x4)(2x6) goed op pad na 'n oorwinning. Daar het toe skielik 'n kolf-ineenstorting plaasgevind waarin daar 7 paaltjies geval het. Dit het veroorsaak dat die wedstryd op 'n spannende einde afgestuur het. André Hage het egter die wenlopies met 'n grenshou (4) behaal. Gansbaai se totaal was 134/8 na 30.2 boulbeurte. Driaan Kriel was as die speler van die wedstryd aangewys. Die klub bedank vir Theuns Otto vir die paaltjies wat hy geskenk het en Driaan Kriel vir die wedstrydballe. Eerskomende Saterdag vind die Mayoral Cup wedstryde plaas op die Gansbaai Gemeenskap Sportgronde. Om 10:00 speel Hermanus vs Hawston en 14:00 speel Gansbaai vs Hermanus. Sondag reis Gansbaai na Kleinmond om 10:00 teen Hawston  te speel. Sterkte en voorspoed.

Sportiewe groete

Heinrich Vermeulen, 082 715 3179

Krieketnuus

Heinrich Vermeulen

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles