3 Bote 4 Visse

3 Bote 4 Visse

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Gavin Engelbrecht, Piet van Zyl, Jean Downing en Gawie Krugel, met 3 van die 4 snoeke en agter vlnr is Johan Burmeister (weggekruip vir kamera), Salmon Herselman en Elna van Zyl.

Die Birkenheaders se maandelikse boothengelkompetisies is tot dusver behoorlik deur swak weersomstandighede gefnuik. Op 7 September kon daar weer see toe gegaan word, maar aitog…3 bote wat 4 visse na die inweegskaal gebring het. Mooi snoeke, maar net 4. Die 3 bote het ‘n totale aantal bemanningslede van 9 gehad. Net 2 spesies is ingeweeg. Die 4 visse se totale massa was 14.2kg, wat ‘n gemiddeld van 1.58kg per hengelaar beteken.

Met 4 visse is die volledige uitslae nie moeilik bepaalbaar nie: Swaarste vis, Gavin Engelbrecht (Snoek - 4.60kg); 2de Swaarste vis, Johan Burmeister (Snoek - 3.45kg); Swaarste sak, Gavin Engelbrecht (4.60kg, net 1 vir die sak!); 2de Swaarste sak, Johan Burmeister (3.45kg, ook net 1 vir die sak!); Swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (1.89kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Jaybee 2 van Piet en Elna van Zyl (1.60kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë, met weinig verskil van die vorige kompetisie, is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (85.55kg); Jay-Bee 2 van Piet en Elna van Zyl (42.61kg); Relêks 2 van Jean Downing (41.74kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (90.15kg); Gawie Krugel (66.25kg); Phillip Fourie (58.70kg). Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (44.75kg); Dixie Walsh (30.25kg). Gewis ‘n duur kompetisie.

Wedstrydsekretaris, Johan Burmeister, het die volgende berekening gemaak: 3 Bote, 9 bemanningslede, 4 snoeke  (13.9kg) en met 3 bote se kostes op see teen R1,800.00 het die snoekprys na R129.99/kg laat styg. ‘n Rekordprys vir snoek! Ondanks die swak vangstes, is die aandfunksie baie goed bygewoon en kon die gaste met ‘n gesellige aand die “vishartseer” verdryf. Smaaklike bobotie deur Enna Lotz en Elizma de Lange voorberei en met voorsitter Raymond Rabe se Musiekfabriek is daar tot laataand saamgekuier.

Navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

3 Bote 4 Visse

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles