Die Droom van 'n Boek oor Gansbaai

Die Droom van 'n Boek oor Gansbaai

Die Gansbaai Gedenkboek

Die droom van ‘n boek oor Gansbaai en omgewing se verlede is nou ‘n realiteit. Die teks is klaar en tans by die redigeerder. Daar is nog ‘n pad vorentoe, maar die einde is in sig. Die boek, Gansbaai – besonderse streek en sy mense, omskryf die historiese agtergrond, maar is deurspek met lekkerlees stories.

Dis ‘n lywige boek, ingekleur met pragfoto’s uit die omgewing, nuusberigte oor ‘n tydspan van bykans 100 jaar en ou foto’s uit die vroegste ontstaansjare van die dorp en streek.

Wat het van die perde van die Birkenhead geword, persoonlike verslae van die vroegste bewoners wat ‘n getygolf beleef het en waar het Gansbaai sy naam gekry, is maar ‘n paar onderwerpe wat aangespreek word. ‘n Volledige hoofstuk oor al die skipbreuke aan ons kus, die geskiedenis van die oudste plase en wie  die eerste besoekers aan ons streek was. Dit is maar ‘n paar hoogtepunte, maar waar mense van die streek self aan die woord is, word die boek ‘n kultuur-historiese aanwins. ‘n  Vervloë era kry lewe en mense van weleer staan sprekend voor die leser:

Daniël Petrus Fourie van Moeraskloof het aan sy kinders vertel hoedat hy as sesjarige seuntjie daardie eerste skooldag stil-stil sy plekkie ingeneem het naby die groot tafel waar die leie en griffies gelê het. Miss Anny het voor die klas gestaan. Daar word gesing:

Nu was Heilig Kind geboren en er Zongen engele koren
Danie het ook saamgesing en dit was vir hom baie mooi. Die middag, toe hy tuis kom, vra sy ma:
    “Wat het julle alles in die skool geleer?”
Sy antwoord was”
    “Ons het gesing van ʼn kind is gebore in Engeland se koring.”
 E. de Lange

Dit was die begin vyftiger jare en ons was ʼn aantal gesinne wat eers langs oom Louis Lat Fourie se huis (Sea Viewrylaan 115) in die oopte en later tussen die Bloms van Bonnievale en Oom Rikkie Swart se huise (vanaf Sea Viewrylaan 141 tot 145) gekamp het. My ouers het later jare onder die melkhoutbome op Oom Brindeau se grond (waar die huis met die naam “Die Dirke” nou staan, Sea Viewrylaan 153), gekamp.

Die gesinne wat ek onthou was: Roman en Dollie Groenewald en hul kinders, Annette, Salome en Sanet; Frans en Dina du Toit en hul kinders Pieter en Marie; Boy en Toot Swart en hul kinders Lotie en Henry; Oupa Stoffel (Ballie) en Ouma Sarah; Awie en Chrissie Germishuys; Stoffel en Lottie Groenewald; en Stoffel en Gerty Fourie en hul kinders Estelle en Stollie. My ouers was Jaap en Chris Germishuys. Saam met hulle het Jan Pienkies en Kotie Henn gekamp.

Die vis was volop, maar dit was harde werk om hulle te kon vang. Die skuite het bo by die eilandhuisie gelê. Soggens is dit op pale afgerol tot by die see. Wanneer hulle teruggekeer het en land, was die vis eers uitgelaai in mandjies voordat die boot skoon gewas is en dan moes dit weer op na die eilandhuisie gedra word.

Rene le Roux

Dit is maar twee klein grepe uit meer volledige vertellings. Daar is baie daarvan. Dié is net  ‘n lusmakertjie vir die boek. Bespreek jou kopie by die Gansbaai Toerisme Bureau by 028 384 1439  of glenda@gansbaaitourism.co.za

Die Droom van 'n Boek oor Gansbaai

SD Fourie

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense - Die boek handel grootliks oor die dorp en sy omtes se ontstaansgeskiedenis, maar word afgewissel deur kosbare stories oor die dorp en sy mense. Bespreek een van die eerste 250 getekende eksemplare by die Gansbaai Toerisme Bureau: 028 384 1439 of glenda@...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

To Hell with Future Generations

To Hell with Future Generations

We do not inherit the Earth; we borrow it from future generations.

Things to Do in Gansbaai: Boat Tours, Klipgat Cave, Beaches and More!

Things to Do in Gansbaai: Boat Tours, Klipgat Cave, Beaches and More!

N०1 Harbour Way offers the perfect base for exploring the wonders of Gansbaai and its surroundings. 

N०1 Harbour Way
Join the Diversity Trail in February!

Join the Diversity Trail in February!

Discover the wonders of Walker Bay's nature, culture, and heritage.

Diversity Trail
Join Us for the Birkenhead Commemoration

Join Us for the Birkenhead Commemoration

Step aboard for a special boat trip at sunrise, honouring the historic Birkenhead Commemoration!

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Andries Johannes Moolman, beter bekend as André wat met sy dikwiel-fiets Gansbaai se hawe-gebied al platgery het...

Gans-Berg Nuus / News
Memory Project: The Crystal Set

Memory Project: The Crystal Set

A crystal radio receiver, also called a crystal set, is a simple radio receiver popular in the early days of radio.

See All Articles