Die ontstaan van die boek: Gansbaai, ʼn besonderse streek en sy mense

Die ontstaan van die boek: Gansbaai, ʼn besonderse streek en sy mense

Die Gansbaai Gedenkboek

Vyf jaar gelede, Mei 2010, is die behoefte van ʼn boek oor Gansbaai se geskiedenis geïdentifiseer.

ʼn Komitee is saamgestel en die lang pad van beplanning is met geesdrif aangepak. Jan Fourie was bereid om sy inligting wat hy oor ʼn tydperk van bykans vyftig jaar versamel het, beskikbaar te stel en sy vrou, SD sou hom as medeskrywer bystaan.

Dit was ʼn groot en voltallige komitee wat die eerste vergadering bygewoon het. Geesdrif was daar genoeg, maar die omvang van die projek het niemand nog behoorlik besef nie.

Die grootste struikelblok was fondse. Pieter Scholtz as voorsitter met Francois (Kat) Myburgh as geesdriftige, maar realistiese tweede in bevel, het die voortou geneem en die bal aan die rol gesit.

Vooraf verkope is ingestel, borge gesoek en ʼn bekendstelling van die projek georganiseer. Die fondse het drupsgewyse ingekom en na drie jaar het die projek byna gestrand. Daar moes besluit word om die skrale fondse aan die skenkers terug te betaal en die projek af te stel.

Pieter en Kat wou nie bes gee nie en een laaste magtige poging is aangewend alvorens almal sou handdoek ingooi. Dit het gewerk en skielik het een familie besluit om saam te staan en fondse beskikbaar te stel in die vorm van ʼn skenking en lening. Die projek kon voortgaan.

In April 2014 is die kontrak deur die samestellers, Jan en SD Fourie en die Gedenkboek Komitee voor die Strandveld Museum bekragtig. Jan sou as mentor voortgaan. SD sou die werk doen. Die teks moes binne twee jaar afgehandel word.

Die omvang van die werk het my eers getref nadat ek Jan se inligting uitgesorteer en geliasseer het. Dit alleen het my ses maande geneem. Intussen is verskeie versoeke deur die plaaslike Courant en enige ander moontlike manier aan die gemeenskap gerig: Stuur asseblief bydraes, foto’s en julle herinneringe.

Die gemeenskap het reageer en dit is weer op rekenaar geliasseer.

Met die saamstel van die geskiedenis het ek besef dat daar groot leemtes is. Behalwe nuusberigte en Jan se boeke was daar byna geen werklike navorsingsbronne nie en moes ons wyer en verder soek. Die internet was nie altyd so betroubaar nie en as iemand iewers in die verlede gefouteer het, is dit later as die waarheid aanvaar. Oom Google lieg soms beter as ʼn tandetrekker! Die stapels boeke het my werkkamer oorgeneem en die sitkamermeubels is met tafels vervang. Later het ons eie huis te klein geword en het ek oorgetrek na die bure se leë strandhuis.

Jan en die res van die familie het kenners van my rugkant geword. Die klein ure van die nag was ons speelveld en die bodem van ʼn leë koffieblik ʼn bekende. Vriende en familie het nie meer gekla nie. Hulle het ons as weggeraaptes aanvaar. Vir ontspanning het Jan maar stories vertel – oor Gansbaai!

Deur dit alles het die komitee wat al kleiner en kleiner geword het, bemoedig en ten spyte van elkeen se eie werkverpligtinge die wa deur die drif probeer kry. Die manne het soos bulhonde vasgebyt en enige moontlike gedagte van tou opgooi in die kiem gesmoor.

Teen einde November het ons geweet dat die stryd gewonne was. Die lang pad van redigering, proeflees en foto’s op hul regte plekke kry, boek druk en bind lê nog voor, maar die groot slag was gelewer. Die teks is klaar.

Ons is tans besig met aggressiewe bemarking. Die redigering en drukproses is duur, want ons wil graag ʼn spogboek aan die gemeenskap lewer. Hardeband, goeie papier, ʼn kleurinsetsel van 16 blaaie en baie foto’s.

Gansbaai, ʼn besonderse streek en sy mense, is ʼn boek deur die gemeenskap vir die gemeenskap. Hulp van kenners  het  uit onverwagte bronne gekom. Professionele fotograwe het gratis hul kundigheid beskikbaar gestel, ʼn proefleser het opgeduik en kundiges was medeskrywers. Daar is nog baie meer wat almal erkenning sal kry. Ongelukkig is daar ook diegene wat nie op  die talle versoeke gereageer het nie. ʼn Jammerte, want ons het geglo dat almal ʼn bydra kon lewer.

Ons verwag om die boek teen April 2016  op die rak te hê.

Ondersteun jouself en bestel jou kopie by die Toerisme Buro bestel, tel. 028 384 1439 of glenda@gansbaaitourism.co.za
Besoek ook www.xplorio.com/gansbaai vir meer inligting.

Die ontstaan van die boek: Gansbaai, ʼn besonderse streek en sy mense

The Gansbaai Book

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense - Die boek handel grootliks oor die dorp en sy omtes se ontstaansgeskiedenis, maar word afgewissel deur kosbare stories oor die dorp en sy mense. Bespreek een van die eerste 250 getekende eksemplare by die Gansbaai Toerisme Bureau: 028 384 1439 of glenda@...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Join the Diversity Trail in February!

Join the Diversity Trail in February!

Discover the wonders of Walker Bay's nature, culture, and heritage.

Diversity Trail
Join Us for the Birkenhead Commemoration

Join Us for the Birkenhead Commemoration

Step aboard for a special boat trip at sunrise, honouring the historic Birkenhead Commemoration!

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Andries Johannes Moolman, beter bekend as André wat met sy dikwiel-fiets Gansbaai se hawe-gebied al platgery het...

Gans-Berg Nuus / News
Memory Project: The Crystal Set

Memory Project: The Crystal Set

A crystal radio receiver, also called a crystal set, is a simple radio receiver popular in the early days of radio.

Memory Project: Beira

Memory Project: Beira

In landlocked Rhodesia the nearest destination for a seaside holiday was Beira, the second biggest town in Mozambique. My father persuaded my mother that it would be good for all of us to take a two-week break, and that the most affordable and fun wa...

DOW Veterans Request

DOW Veterans Request

Dogs Of War are requesting assistance from the public for donations of any wheelchairs, crutches, and or walkers that you may have laying around.

Dogs Of War Overberg
See All Articles