Blog

Strandveld Museum se deure sluit na 22 jaar

Strandveld Museum se deure sluit na 22 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Strandveld Museum se deure sluit na 22 jaar

Die bekende Strandveld Museum in Franskraal se deure sluit na 22 jaar - 'n hartseer, maar onafwendbare besluit.

“Hiermee het ons, die Trustees, besluit om die Strandveld Museum Trust te ontbind en te beëindig volgens klousule 14 van die Trust ooreenkoms,” lui SD Fourie se amptelike verklaring.

 
Die volgende redes vir hierdie drastiese besluit is aangevoer:

• Die Strandveld Museum te Franskraal, is nie meer lewensvatbaar nie, aangesien dit nie meer die finansiële verpligtinge kan nakom nie.

• Die EPWP student wat die afgelope vier jaar die museum beman het, is nie meer beskikbaar nie en daar is geen finansies om 'n ander persoon aan te stel nie.

• Sophia D. Fourie, een van die Trustees, sien nie meer kans vir die verantwoordelikheid van die museum nie. Sy is die enigste Trusteelid wat tot op datum volle verantwoordelikheid vir die museum aanvaar het, aangesien sy in Franskraal woon. SD is ook tans besig met ʼn ander projek wat haar aandag voltyds verg.

Die Raad het onderneem om ná die ontbinding van die Trustees, ʼn berig in die plaaslike media te plaas sodat alle bruikleen-items afgehaal kan word. Die res sal na nabygeleë museums verskuif word.

“Daar is ʼn behoorlike inventaris gedurende die afgelope jare opgestel en ons sou graag die eiendom weer aan die regmatige eienaars wil terugbesorg,” het SD gesê. “Die sperdatum vir die afhaal van items wat op bruikleen was, is 15 Mei 2022.” Sy sê die restant sal daarna en voor 31 Mei 2022 verkoop word.

 
Strandveld Museum

Die Strandveld Museum se amptelike opening was in Desember 2000 en dit is luisterryk op die gras voor die museum gevier, maar die deure is reeds vroeër in Mei van dieselfde jaar geopen.  “Nou, na 22 jaar, is ons genoodsaak om dit te sluit,” het SD gesê. “Ons wil graag hiermee erkenning gee aan die Ou Hawe-museum van Hermanus wat ons tydens Jan se siekte en ook die drie jaar daarna gehelp het om die deure oop te hou. ʼn Gedeelte van die museum se inhoud word ook na hulle oorgeplaas.” SD sê die Hermanusspan beoog om op hierdie wyse erkenning te gee aan Jan Fourie, stigter en kurator, vir sy passie en toewyding vir die erfgoed van Gansbaai tydens sy leeftyd.

“Namens die Trustees wil ek graag my dank uitspreek teenoor almal wat die museum die afgelope jare ondersteun het,” sê SD.

Baie berigte oor jare heen is al oor die Strandveld Museum geskryf, wat gereeld ook 'n gesellige bymekaarkomplek was. Die Gans-Berg Nuus is bewus van Jan se onbaatsugtige werk oor jare heen, asook die volle verantwoordelikheid vir die bedryf van die museum wat SD sedert Jan se afsterwe op haar skouers geneem het. Daarom ook 'n groot 'dankie' aan SD Fourie wat alles probeer het om die sluiting van die museum se deure te voorkom. 

 
Kontakbesonderhede:

Om reëlings te tref vir die afhaal van bruikleen items aan Strandveld Museum, kan SD Fourie by 082 255 8509 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by sophiafourie@gmail.com.

 
Hardus Botha
 
Strandveld Museum se deure sluit na 22 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

To Hell with Future Generations

To Hell with Future Generations

We do not inherit the Earth; we borrow it from future generations.

Things to Do in Gansbaai: Boat Tours, Klipgat Cave, Beaches and More!

Things to Do in Gansbaai: Boat Tours, Klipgat Cave, Beaches and More!

N०1 Harbour Way offers the perfect base for exploring the wonders of Gansbaai and its surroundings. 

N०1 Harbour Way
Join the Diversity Trail in February!

Join the Diversity Trail in February!

Discover the wonders of Walker Bay's nature, culture, and heritage.

Diversity Trail
Join Us for the Birkenhead Commemoration

Join Us for the Birkenhead Commemoration

Step aboard for a special boat trip at sunrise, honouring the historic Birkenhead Commemoration!

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Andries Johannes Moolman, beter bekend as André wat met sy dikwiel-fiets Gansbaai se hawe-gebied al platgery het...

Gans-Berg Nuus / News
Memory Project: The Crystal Set

Memory Project: The Crystal Set

A crystal radio receiver, also called a crystal set, is a simple radio receiver popular in the early days of radio.

See All Articles