Blog

Strandveld Museum se deure sluit na 22 jaar

Strandveld Museum se deure sluit na 22 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Strandveld Museum se deure sluit na 22 jaar

Die bekende Strandveld Museum in Franskraal se deure sluit na 22 jaar - 'n hartseer, maar onafwendbare besluit.

“Hiermee het ons, die Trustees, besluit om die Strandveld Museum Trust te ontbind en te beëindig volgens klousule 14 van die Trust ooreenkoms,” lui SD Fourie se amptelike verklaring.

 
Die volgende redes vir hierdie drastiese besluit is aangevoer:

• Die Strandveld Museum te Franskraal, is nie meer lewensvatbaar nie, aangesien dit nie meer die finansiële verpligtinge kan nakom nie.

• Die EPWP student wat die afgelope vier jaar die museum beman het, is nie meer beskikbaar nie en daar is geen finansies om 'n ander persoon aan te stel nie.

• Sophia D. Fourie, een van die Trustees, sien nie meer kans vir die verantwoordelikheid van die museum nie. Sy is die enigste Trusteelid wat tot op datum volle verantwoordelikheid vir die museum aanvaar het, aangesien sy in Franskraal woon. SD is ook tans besig met ʼn ander projek wat haar aandag voltyds verg.

Die Raad het onderneem om ná die ontbinding van die Trustees, ʼn berig in die plaaslike media te plaas sodat alle bruikleen-items afgehaal kan word. Die res sal na nabygeleë museums verskuif word.

“Daar is ʼn behoorlike inventaris gedurende die afgelope jare opgestel en ons sou graag die eiendom weer aan die regmatige eienaars wil terugbesorg,” het SD gesê. “Die sperdatum vir die afhaal van items wat op bruikleen was, is 15 Mei 2022.” Sy sê die restant sal daarna en voor 31 Mei 2022 verkoop word.

 
Strandveld Museum

Die Strandveld Museum se amptelike opening was in Desember 2000 en dit is luisterryk op die gras voor die museum gevier, maar die deure is reeds vroeër in Mei van dieselfde jaar geopen.  “Nou, na 22 jaar, is ons genoodsaak om dit te sluit,” het SD gesê. “Ons wil graag hiermee erkenning gee aan die Ou Hawe-museum van Hermanus wat ons tydens Jan se siekte en ook die drie jaar daarna gehelp het om die deure oop te hou. ʼn Gedeelte van die museum se inhoud word ook na hulle oorgeplaas.” SD sê die Hermanusspan beoog om op hierdie wyse erkenning te gee aan Jan Fourie, stigter en kurator, vir sy passie en toewyding vir die erfgoed van Gansbaai tydens sy leeftyd.

“Namens die Trustees wil ek graag my dank uitspreek teenoor almal wat die museum die afgelope jare ondersteun het,” sê SD.

Baie berigte oor jare heen is al oor die Strandveld Museum geskryf, wat gereeld ook 'n gesellige bymekaarkomplek was. Die Gans-Berg Nuus is bewus van Jan se onbaatsugtige werk oor jare heen, asook die volle verantwoordelikheid vir die bedryf van die museum wat SD sedert Jan se afsterwe op haar skouers geneem het. Daarom ook 'n groot 'dankie' aan SD Fourie wat alles probeer het om die sluiting van die museum se deure te voorkom. 

 
Kontakbesonderhede:

Om reëlings te tref vir die afhaal van bruikleen items aan Strandveld Museum, kan SD Fourie by 082 255 8509 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by sophiafourie@gmail.com.

 
Hardus Botha
 
Strandveld Museum se deure sluit na 22 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Nightshift

Nightshift

I overheard Nightshift playing on the radio and I turned it up. It's one of my favourites, and I used to play it a lot. It triggered memories of my own experience of working nightshift.

Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

We spotted this photo of Pearly Beach Shop, dated 1985, and knew we had to share it!

Xplorio Headquarters
Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Here’s a blast from Gansbaai’s past! Take a look at this hilarious vintage photo sent to us by Arend de Waal.

Xplorio Headquarters
Stanford’s Cove Beach Photo 1990

Stanford’s Cove Beach Photo 1990

We found this vintage photo of summer in full swing, taken at Stanford’s Cove on 31 December 1990. 

Xplorio Headquarters
Remembering Ting Tong Café Gansbaai

Remembering Ting Tong Café Gansbaai

Do you remember Ting Tong Café in Gansbaai?

Xplorio Headquarters
Old Double-Decker Buses at Kleinbaai Tidal Pool

Old Double-Decker Buses at Kleinbaai Tidal Pool

Do you remember the old double-decker buses parked at Kleinbaai’s tidal pool?

Xplorio Headquarters
See All Articles