Blog

Tragiese Sinking van Silver Snapper (DDF 116)

Tragiese Sinking van Silver Snapper (DDF 116)

Gans-Berg Nuus / News

Tragiese Sinking van Silver Snapper (DDF 116)

Een van Gansbaai se bekende Pelagiese Vissersbote

“Daar gaan my alles, nou het ek niks oor nie,” het een van die bemanningslede van die Pelagiese Vissersboot, Silver Snapper van Boetie (Oubol) Wessels, gesê. “Dit was my laaste woorde terwyl ek in die lewensreddingsboot gesit en kyk het hoe die boot sink. My werk, my toerusting, my kos, my alles het ek sien verdwyn onder die water.” Hy het aan Gans-Berg Nuus gesê hy is al van 1994 'n bemanningslid en die boot het deur al hierdie jare gesorg vir kos op die tafel en 'n toekoms vir sy kinders. “Ons dankbaarheid dat daar geen ernstige beserings of lewensverliese was nie, is baie groter as dit alles,” het hy bygevoeg.

Image 1
Image 2

Die kragtige boot het stadig maar seker na die seebodem gesak, met koue seewater wat die plek daarvan op die oppervlak ingeneem het. Die Skipper van Silver Snapper, Piet Viljoen en sy bemanningslede, was oudergewoonte uit op see saam met die res van Gansbaai Pelagiese Vissersbote om hul brood en botter te verdien, toe seewater na bewering van agter die enjinkamer begin instroom het. Volgens bemanningslede het hulle so vinnig moontlik begin water skep om uit te gooi, maar die instroming van water was oorweldigend en hulle het besef die boot gaan sink. Die Viking Lewensreddingsboot is inderhaas in gereedheid gebring en die elf bemanningslede kon betyds van die vinnig-sinkende Silver Snapper af wegkom. Hulle is deur die Pelagiese Vissersboot, Vleigans opgelaai en na veiligheid geneem.

Met hul aankoms in die hawe was dit hartverskeurend om na die moedelose en byna verdwaasde vissermanne te kyk soos wat hulle aanwal gestap het. Die atmosfeer was so intens dat mens eintlik nie kans gesien het om 'n kamera op hulle te rig nie.

Image 1
Image 2
Image 3

Die oorsaak van die tragedie was met die ter perse gaan van hierdie uitgawe, nog onbekend. Op navraag is Gans-Berg Nuus meegedeel dat 'n volledige verklaring nie uitgereik kan word nie. Dit blyk dat die versekeraars die volgende dag, Woensdag, 13 April 2022 ondersoek sou kom instel. Die bestuur en bemanningslede kon dus nie vooraf enige verdere inligting verskaf nie, wat verstaanbaar is.

“Vir my persoonlik was dit 'n diep en hartseer gevoel toe ek by die hawe na die bemanningslede kyk wat aanwal gekom het,” vertel Michelle van Zyl, eienaar van Gans-Berg Nuus. “Ek was reeds vanaf 2010 deel van die bemanningslede van Silver Snapper, wat altyd soos 'n familie bymekaarstaan. Ek het destyds self 'n familielid op die boot gehad en vandag steeds 'n seun wat gereeld op see uit is.” Sy sê dit is waarom sy hulle leed en verlies innerlik self kon ervaar.

Na die sinking van Silver Snapper (DDF 116), is daar nou 7 Pelagiese Vissersbote oor: Berggans (278), Kolgans (DDF 109), Rietgans II (402), Stormgans (DDF 392), Vleigans (DDF 368), Wafra (DDF 377) en Wildegans II (DDF 362). Volgens ingeligte bronne was daar twee vorige tragiese sinkings van Pelagiese Vissersbote: Seegans (datum was nie beskikbaar) en Runtu in 2007, wat met Wildegans vervang is. Altwee destydse sinkings was ook sonder enige lewensverliese.

Gans-Berg Nuus se redaksie het hul opregte dankbaarheid uitgespreek oor die feit dat daar geen lewensverliese was nie. Baie sterkte word ook aan alle betrokkenes toegewens vir die onbekende pad wat nou op hulle wag. 

 
Hardus Botha
Tragiese Sinking van Silver Snapper (DDF 116)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

To Hell with Future Generations

To Hell with Future Generations

We do not inherit the Earth; we borrow it from future generations.

Things to Do in Gansbaai: Boat Tours, Klipgat Cave, Beaches and More!

Things to Do in Gansbaai: Boat Tours, Klipgat Cave, Beaches and More!

N०1 Harbour Way offers the perfect base for exploring the wonders of Gansbaai and its surroundings. 

N०1 Harbour Way
Join the Diversity Trail in February!

Join the Diversity Trail in February!

Discover the wonders of Walker Bay's nature, culture, and heritage.

Diversity Trail
Join Us for the Birkenhead Commemoration

Join Us for the Birkenhead Commemoration

Step aboard for a special boat trip at sunrise, honouring the historic Birkenhead Commemoration!

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Andries Johannes Moolman, beter bekend as André wat met sy dikwiel-fiets Gansbaai se hawe-gebied al platgery het...

Gans-Berg Nuus / News
Memory Project: The Crystal Set

Memory Project: The Crystal Set

A crystal radio receiver, also called a crystal set, is a simple radio receiver popular in the early days of radio.

See All Articles