Kerk Eeufees 28 - 29 Mei 2022
Die Baardskeerdersbos NGK hou op 28 en 29 Mei Eeufees wanneer die huidge kerk gebou 100 jaar oud is.
28 Mei, Saterdag - BASAAR
Plek: OuSkool Restaurant, Strandveld straat
Tyd: 9:00 tot 15:00
Stalletjies, Skaapkop, Afval, Wynproe en Musiek!
Begeleide toere van die dorp. R50 per persoon vir volwassenes, R30 per persoon vir kinders.
Tye: 9:00, 11:00, 13:00, 15:00
Kom beleef ons erfenis - stories, spoke, staaltjies, karakters...
Skaapkop: Bespreek vooraf jou skaapkop vir R130.
29 Mei, Sondag - Feesdiens en Kranslegging by Begraafplaas
9:00 by begraafplaas: Kore en kranslegging. Daarna kerkdiens en gesellige samesyn na die diens.
Vir meer inligting, kontak Baardskeerderbos Is Lekker.