‘Harder Koning’ van Toeka se jare

‘Harder Koning’ van Toeka se jare

Gans-Berg Nuus / News

‘Harder Koning’ van Toeka se jare

-Chrisjan Vermeulen-

“My pa, Chrisjan Vermeulen, se besigheid het bestaan uit die koop van vis in Gansbaai by die vissermanne, wat hy weer verkoop het,” vertel Susan Butler (née Vermeulen) van Franskraal. “Hy het die hardertrek-besigheid in Gansbaai gekoop en vir baie jare bedryf. Susan sê ou Gansbaaiers sal dalk onthou dat Chrisjan destyds as die ‘Harder Koning’ bekendgestaan het.

Susan, ‘n gebore Gansbaaier, het bietjie gaan krap tussen haar ‘toeka-jare’ se albums en Gans-Berg Nuus vertel van haar pa Chrisjan wat in Stanford gebore is en ook grootgeword het. Die Vermeulens van destyds het as die ‘Krieke’ bekendgestaan. Chrisjan het baie jare vir die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (Transnet) as ‘n bouer gewerk en was later op sy eie ook vir baie jare ‘n bouer. Hulle huis in Gansbaai het hy laat bou waar Lekkerbek vandag is.

In 1926 het Chrisjan en Susan se ma, Susanna, in Lichtenburg verloof geraak (sien foto). Op die foto is dit duidelik dat Susan ‘n ‘afdruk’ van haar ma is! Daar is 6 seuns en 3 dogters uit die huwelik gebore, waarvan nog net 1 seun en Susan lewe. “Daar is baie kleinkinders, waarvan sommiges in Gansbaai woon, asook baie agterkleinkinders, maar vra my nie hoeveel nie!,” het Susan gesê. Sy vertel dat sy die laat lammetjie was en het as die ‘bederfde’ dogtertjie in die gesin bekendgestaan.

Susan sê haar ma was ‘n ‘Transvaler’ (Gautenger) van geboorte en dat sy altyd gesê het sy kan nie glo dat al 6 haar seuns vissermanne geword het nie. ‘n Uitstaande kenmerk van haar ma, wat mense verstom het, is dat sy op 86 nog nie ‘n enkele plooi op haar gesig gehad het nie. Tog was sy ‘n hardwerkende huisvrou wat onder andere al haar kinders, seuns en dogters, se klere self gemaak het. “Sy was ook baie musikaal en het altyd vroeg soggens op hulle traporreltjie by die venster gesit en geestelike liedere gespeel. “Soos mense vanaf Blompark daar verbygestap het, het hulle altyd eers gestaan en luister,” sê Susan.

Chrisjan was meganies goed aangelê en het net na ‘n motor se enjin geluister en dan geweet wat verkeerd is. “Ek het dit by hom geërf, want, glo dit of nie, ek luister na ‘n enjin en weet wat is die fout!” spog Susan met ‘n breë glimlag. Na Chrisjan se uitdienstreding by die Spoorweë, het hy, as ‘n uitstekende besigheidsman, sy eie besighede in Gansbaai bedryf: die koop en verkoop van vis by die vissermanne met ‘n ou bakkie en sleepwa wat hy gekoop het; die harder-besigheid wat hy bedryf het; die Shell Motorhawe oorkant die skoolgronde wat hy gekoop het en later Willie Swart verkoop het.

Een van Chrisjan se uitstaande eienskappe was dat hy nóóit ‘n vloekwoord of vuil taal gebruik het nie. Hy was in sy tagtigerjare toe hy siek geword het en is in HaS (Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes) opgeneem, waar hy later oorlede is.

Pelgrimsrus en die ‘Ja-woord’

Susan se oupa, Piet Otto, het op die plaas Modderfontein naby Mafeking geboer. In 1880 (sien foto) is hy na die Bynes Diamant Delwerye in Pelgrimsrus, Mpumalanga Provinsie. Daar het hy, toe 60 jaar oud, Susan se pa Chrisjan (in sy 30’s) ontmoet. Hy het besluit Chrisjan is die ideale ‘trou-man’ vir sy oudste dogter. Hy het Chrisjan plaas toe genooi vir die ontmoeting met sy 3 dogters. “My pa moes tot sy hare en baard afskeer. Haar oupa het hom misgis met Chrisjan: Hy kies toe die jonger suster om sy vrou te word en nie die oudste een nie! Hierdie klink byna soos ‘n Bybel-verhaal.

Image 1
1880: Pelgrimsrus, Bynes Diamant Delwery - regs is Susan se oupa, Piet Otto (toe 60) en middel is haar pa, Chrisjan Vermeulen.
Image 2
Susan Butler (née Vermeulen). 
Image 1
Susan se ouers, Chrisjan en Susanna Vermeulen in 1926 met hul verlowing.
Image 2
Susan se ouers, Chrisjan en Susanna Vermeulen jare gelede in Gansbaai, met Susan links en haar oudste suster, Katy Geldenhuys regs.
Image 3
Susan Butler en haar seun, Clifford (paar maande) voor die huis waar Lekkerbek vandag staan.
 
Hardus Botha
 
‘Harder Koning’ van Toeka se jare

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

To Hell with Future Generations

To Hell with Future Generations

We do not inherit the Earth; we borrow it from future generations.

Things to Do in Gansbaai: Boat Tours, Klipgat Cave, Beaches and More!

Things to Do in Gansbaai: Boat Tours, Klipgat Cave, Beaches and More!

N०1 Harbour Way offers the perfect base for exploring the wonders of Gansbaai and its surroundings. 

N०1 Harbour Way
Join the Diversity Trail in February!

Join the Diversity Trail in February!

Discover the wonders of Walker Bay's nature, culture, and heritage.

Diversity Trail
Join Us for the Birkenhead Commemoration

Join Us for the Birkenhead Commemoration

Step aboard for a special boat trip at sunrise, honouring the historic Birkenhead Commemoration!

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Andries Johannes Moolman, beter bekend as André wat met sy dikwiel-fiets Gansbaai se hawe-gebied al platgery het...

Gans-Berg Nuus / News
Memory Project: The Crystal Set

Memory Project: The Crystal Set

A crystal radio receiver, also called a crystal set, is a simple radio receiver popular in the early days of radio.

See All Articles