Afrikanos - ‘First Thursday’
Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024 vir kliënte gereël, met die klem op ‘gesellig’ - en dít so op die Bestuurder, Keith Louw, se verjaarsdag! Baie geluk, Keith! Daar was musiek, goeie kos en genoeg om te drink, maar die belangrikste was die kunstenaars wat Keith genooi het om hulle kunswerke te kom uitstal - ‘n mooi gebaar van hom om ekstra blootstelling aan ons plaaslike kunstenaars te verleen.