Blog

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri Caledon

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Ons kort ons jongmense betrokke in die landbou nou meer as ooit. Met die land wat Jeugmaand vier, wou ons nie die geleentheid mis om jou ‘n bietjie meer te vertel oor hoe ons werk om die jeug by landbou betrokke te hou deur ons betrokkenheid in die gemeenskap - veral by skole.

Dit is van kardinale belang dat jongmense ‘n verbintenis met die landbousektor het, want die oorgrote meerderheid van hulle - ongeveer 85% - woon in ontwikkelende lande waar landbou waarskynlik hul primêre bron van inkomste sal wees. Jong mense regoor die wêreld is egter blykbaar besig om hul belangstelling in boerdery te verloor.

Volgens ons bestuurende direkteur, Francois Joubert, raak volhoubare voedselverskaffing elke dag toenemend meer belangrik. “Dit is noodsaaklik dat ons jeug onderrig word om te weet hoe landbou inskakel by hierdie volhoubaarheid,” sê hy.

Joubert voel doelgerigte ontwikkeling in vandag se jeug is bitter belangrik en dat instellings soos die landboudepartment by Hoërskool Overberg ‘n uitstekende werk in hierdie onderrig doen en so ‘n liefde vir landbou by die area se kinders kweek.

“Landbou bied verskeie geleenthede en ons is trots om te kan sien dat daar soveel belangstelling by die leerders by Hoërskool Overberg is - wat die vakke wat aangebied word asook die praktiese aanbiedings soos die tonnels, so positief ondersteun,” sê Joubert.

Hoërskool Overberg se lanboudepartement verseker dat die jeug goed opgelei is vir die landboubedryf deur Landbouwetenskap, Landboutegnologie en Landboubestuur as vakkeuses aan te bied.

Ons hoop om ‘n goeie verhouding met die skole in die Overberg te behou, sodat die jeug suksesvol die landboubedryf kan oorvat!

Kontak ons direck vir meer oor ons werk met die jeug. 

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri Caledon

Overberg Agri Caledon is part of a long-standing agricultural company that is the number one choice with farmers, building contractors, DIY enthusiasts and lovers of the great outdoors. Other than supplying large-scale agricultural products to farmers, Overberg Agri Caledon strives to create a great...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Caledon!
Read More

Other Articles

Pearly Beach Horse Riding Reviews

Pearly Beach Horse Riding Reviews

It's been go, go, go the last few weeks and as October comes to an end, our reviews from all four corners of the world.

Prominent Paints Neuklad Cool Roof Paint

Prominent Paints Neuklad Cool Roof Paint

Keep your home cooler this summer with Prominent Paints.

Exterior Paint Colours and Advice

Exterior Paint Colours and Advice

Before picking a colour, consider how much sunlight each wall receives.

Prominent Paints Gloss Enamel at Wilkoo Marketing

Prominent Paints Gloss Enamel at Wilkoo Marketing

Your walls may look great, but what about your gutters, fascias and garage door?

Roof Paint and Maintenance

Roof Paint and Maintenance

Now is a good time to check your roof before the summer storms arrive!

Exterior Painting Tips for Summer

Exterior Painting Tips for Summer

Planning to paint your home's exterior this Summer?

See All Articles