Wêreld Kos Dag 2022!
Laas Sondag was #WêreldKosDag2022! Hierdie jaar se tema was ‘NIEMAND word agtergelaat nie!’ Verskeie wêreldwye uitdagings is vanjaar ook uitgelig: 'n voortdurende pandemie, konflik, klimaatsverandering, stygende koste en verhoogde internasionale spanning. Dit alles beïnvloed wêreldwye voedselsekerheid. Dit is nou die tyd om saam te werk vir 'n beter, veiliger toekoms vir almal. By Overberg Agri, gee ons vreeslik baie om oor die toekoms van Suid-Afrika se landboubedryf en ons rol in die bevordering van sy ekonomiese groei, nasionale voedselsekerheid en die welvaart van ons mense.