‘n Boodskap van ons Besturende Direkteur
‘n Boodskap van ons Besturende Direkteur, Francois Joubert, aan die produsente vir die oesseisoen wat voorlê: “Namens die hele Overberg Agri rig ek graag ons beste wense aan al ons produsente in die Overberg en Swartland area vir die oesseisoen wat voorlê. Ons weet hoeveel harde werk, geloof, volharding en ongelooflike lang ure dit van elke produsent neem om te boer. Ons waardeer julle harde werk om aan ons land se voedselbehoeftes te voorsien. Ons hoop hierdie seisoen bring vir julle baie Seën en Sukses!”