HaS se Groot Dankie

 HaS se Groot Dankie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


Enkele personeellede en betrokkenes by HaS, met vlnr Len Olivier, Francia van Dyk, Hermine Groenewald, John van Rooyen, Anita van Dyk, Joe Mangiagalli, Suster Linda Meyer en Hennie Lochner

Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) het weer hulle gebruiklike Groot Dankie-funksieaand op Dinsdag, 15 Oktober 2013 aangebied. “Dit is eintlik ons jaarlikse Algemene Jaarvergadering, maar vanuit die perspektief van die Tehuis is dit eintlik ons jaarlikse dankie-sê funksie aan al ons vrywillige werkers, ondersteuners en donateurs gedurende die jaar,” het die seremoniemeester, Anita van Dyk gesê.


Gaste verkeer gesellige in die prag-versierde saal tydens HaS se Dankie-funksie

Past Frikkie Zeelie het die verrigting geopen, met die klem op: “Wat ons doen, doen ons nie vir mense nie, maar vir die Koning.” In sy volledige voorsittersverslag het Joe Mangiagalli ‘n kort oorsig oor die jaar se werksaamhede en finansies gegee. Daarin spreek hy ook die Beheerliggaam se dank en waardering teenoor alle donateurs, die personeel en veral die vrywilligers van Gansbaai Goue Hande uit. “Die Beheerliggaam is daarvan oortuig dat die werksaamhede, asook die finansies, op ‘n gesonde vlak bestuur word,” het hy gesê.


Suster Linda Meyer het al enigiets gedoen om af te tree, maar selfs met haar gewuif op die fiets kon sy nie wegkom nie

Gansbaai Nasorgsentrum lewer ook steeds dienste aan die gemeenskap ten opsigte van herstelversorging, rehabilitasie van pasiënte en aflosversorging. Die nuwe bestuurder en sy eggenote, John en Marlene van Rooyen is spesiaal verwelkom en alle sterkte toegewens. Blyke van waardering is aan Das en Francia van Dyk en Suster Linda Meyer oorhandig. Gansbaai Goue Hande, onder leiding van Francia, lewer ‘n enorme bydrae tot die Tehuis en die meerderheid van hulle is by broodnodige fondsinsame-lingsprojekte betrokke, terwyl andere weer op liefdevolle wyse omsien na kombuishulp, voet- en haarversorging, biblioteekdiens, die snoepie en veel meer.


Suster Linda Meyer (links) oorhandig ‘n blyk van waardering aan Francia en Das van Dyk

Anita Botha en haar span hardwerkende helpers is spesiaal bedank vir ‘n pragtig-versierde voorportaal, saal en verhoog met ‘n “Italiaanse tema”. Vanjaar het HaS se personeel, onder leiding van Marlene, self vir die uitmuntende spyskaart en puik tafelbediening gesorg.

Vir navrae, ondersteuning en donasies kan John van Rooyen, Linda Meyer of Anita van Dyk by 028-384-0501 geskakel word. 

Hardus Botha


Die puik ete- en kelnerspan van HaS onder leiding van Marlene van Rooyen, met voor vlnr Ivy Joja, Maria Saal (kok) en Shaieda Potzer. Agter vlnr is Namhla Gwele, Roslyn Martin, Alwina Dickson, Thea Salies, Marlene van Rooyen, Ronel Nortje, Thoko Jojo en Caroline Dickson.

 HaS se Groot Dankie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles