Blog

Pienk Rolbaldag vir Borskanker

Pienk Rolbaldag vir Borskanker

Gans-Berg Nuus / News

Pienk Rolbaldag vir Borskanker

Franskraal Rolbalklub se bane het op Saterdag, 5 Oktober 2024 gewemel van rolbalspelers geklee in pienk - alles ten bate van Borskankermaand. Dit was die jaarlikse Hermanus Franskraal Reach for Recovery (R4R) Rolbaldag ten bate van Borskanker. 12 rolbalspanne met 36 rolbalspelers het deelgeneem - pluimpie vir Franskraal Rolbalklub! Met hierdie kompetisie gaan dit nie primêr oor wen of verloor nie, maar vir R4R is dit ‘n wen met die aansienlike bedrag wat ingesamel is en aan R4R oorhandig is.

R4R-vrywilligers, Annaleen Genade en Antoinette Jooste, was teenwoordig en het die geleentheid gehad om die deelnemers op nuut in te lig oor hoe R4R borskankerpasiënte ondersteun kan word, asook inligting oor wat die Ditto Projek behels. “Die dag was 'n groot sukses en Gielie Genade het R4R as een van die deelnemers tydens die kompetisie verteenwoordig,” vertel Annaleen. “Elke deelnemer het 'n pragtige kolwyntjie, ‘n geverfde mosseldop, geverf deur Karin Nel, 'n pienk lintsleutelring, borsgesondheids-inligtingspamflet en 'n boekmerk ontvang.” R4R het ook vir 'n pragtige uitstalling gesorg om die R4R-versorgingsak, silikoonprostese en al die promosie-items wat te koop is, bekendgestel wat aangewend word om fondse vir hulle tak te genereer.

Die deelnemers het nie net geskenkies ontvang nie, maar is ook met 'n pragtige Sertifikaat van Waardering deur die R4R Nasionale Kantoor vereer - die sertifikaat is deur Annaleen en Antoinette aan die Rolbalpresident, Lani Swart, oorhandig. Die sertifikaat verwys na die rolbalklub se betrokkenheid sedert 2013, uitgesluit die Covid-tydperk. Twee gelukkige rolbalspelers, Johan Wiese en Altus le Roux, het die Wielspin-pryse gewen. 

Hardus Botha

Pienk Rolbaldag vir Borskanker

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles