Blog

Emerituspredikante ‘kuier’ weer...

Emerituspredikante ‘kuier’ weer...

Gans-Berg Nuus / News

Emerituspredikante ‘kuier’ weer...

Dit was weer tyd vir Groter Gansbaai se emerituspredikante om afskeid van 2024 te neem. Hierdie groep aktiewe afgetrede predikante kom soms, asook aan die einde van elke jaar, bymekaar om sommer net gesellig saam te verkeer en om op vriendskapbande voort te bou. Heelparty van hulle staan steeds in met Eredienste in die NGK-gemeentes. Die emerituspredikante is deur hul gades vergesel, asook weduwees van afgestorwe leraars - in totaal sowat 25+.

Die onlangse funksie het op 7 November 2024 te Vergesigstraat 12, Pearly Beach plaasgevind. Die gasheer en -vrou was Willem (‘n ingenieur) en Marnette Janse van Rensburg. “Die binneplaas van die ‘kraaknuut’ Janse van Rensburgs se woning, met ‘n pragtige uitsig, is in ‘n ‘snoekbraai- feestelikheid’ omskep,” vertel die organiseerder van die funksie, ds Floors Avenant.

Die ou Staatmaker emerituspredikant, almal se ‘Ouboet’, ds Dries Auret, vroeër van Pearly Beach, het spesiaal vir die funksie kom kuier en die geleentheid met gebed geopen. Ds Auret en sy ou vissermansvriend, ds Hennie Basson, het vertel hoe die grotes ‘weggekom’ het.... Die ‘snoekbraai-meester’ was ds Dirk van Dyk en hy het gesorg dat die snoek ‘vingerlek-lekker’ was! Een van die predikante, dr Barend Vos, het goeie rede tot feesvieringe gehad - hy het onlangs die 100ste uitgawe van Uit die Beek, die oudste Afrikaanse Bybeldagboek, vrygestel. (Sien Gans-Berg Nuus se volgende uitgawe vir ‘n volledige berig). 

Om hierdie groep emerituspredikante, hul gades en die weduwees dop te hou, laat mens inderwaarheid aan ‘n gesellige ‘familie-byeenkoms’ dink, só geheg is die groep aan mekaar.

(Foto’s: Ds Floors Avenant)

Hardus Botha

Emerituspredikante ‘kuier’ weer...

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles