Vulstasies skenk Ambulansbed

Vulstasies skenk Ambulansbed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor vlnr voor die ambulansbed is Cassie Carstens en Attie Louw, met agter vlnr Schalk Strauss en Riaan Buys tydens die oorhandiging van die ambulansbed deur Attie aan Overstrand Medical Response

Overstrand Medical Response (ORM) se dankbaarheid het onlangs hoog geloop met die oorhandiging van ‘n nuwe ambulansbed aan hulle. Die duursame bed is deur Attie Louw, eienaar van Gansbaai Vulstasies, as ‘n welwillendheidsgebaar aan ORM geskenk. “Dit is goed om iets op hierdie wyse in die gemeenskap terug te ploeg,” het Attie gesê. Die Bestuurder van Gansbaai Vulstasies, Schalk Strauss, was ook tydens die oorhandiging aan Cassie Carstens en Riaan Buys van ORM teenwoordig.

“Met die aankoop van Ambulans 2 (Jopie) wat deur Piet en Jonine Louw van Louw Vervoer in die Paarl geskenk is, het die behoefte ontstaan vir die aankoop van ‘n tweede bed,” sê Riaan. “Attie Louw van Gansbaai Vulstasies het goedgunstiglik as borg vir die bed opgetree, met groot dankbaarheid van ons kant af.” Riaan sê OMR het amptelik op 1 Julie 2009 in Gansbaai begin, wat ‘n klein begin met net twee reaksie-voertuie was. Binne drie maande het OMR, met die hulp van Gansbaai Lionsklub (met President Boats van Staden) en die Lionsklub van Nuweland, die "False Bay Volunteers" se ou ambulans, wat te Valsbaai Hospitaal in Vishoek gestasioneer was, aan OMR beskikbaar gestel.

Na 12 maande moes hierdie ambulans onttrek word as gevolg van die ouderdom daarvan. Ná die afsterwe van Cassie Carstens se moeder op 8 Mei 2011, het Andries Carstens Ambulans 1 (Billene) aan OMR geskenk. “Die bed van die ou Lionsklub ambulans, wat deur OMR aangekoop is, is na Ambulans 1 oorgedra,” sê Riaan. Die name van die twee ambulanse is op interessante wyses toegeken: Ambulans 1 is gedoop as “Billene”, vernoem na Cassie se oorlede moeder, en Ambulans 2 is as “Jopie” gedoop, vernoem na Jonine en Piet Louw wat ook beteken “God will multiply”.

Overstrand Medical Response kan by 078-699-6995 (Cassie Carstens) of 083-881-3631 (Riaan Buys) gekontak word, of stuur ‘n e-pos vir navrae aan hulle by overstrandmedics@gmail.com.

Hardus Botha

Vulstasies skenk Ambulansbed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles