Blog

15 Desember 2024: Vissermansdankdiens

15 Desember 2024: Vissermansdankdiens

Gans-Berg Nuus / News

15 Desember 2024: Vissermansdankdiens

Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens. Gansbaai Marine borg weer die koste van die beplanning en uitvoering van hierdie 61ste jaarlikse Vissermansdankdiens, met erkenning vir die rol wat Gansbaai Pelagies in die vang van pelagiese vis speel, asook die lewering daarvan aan die fabriek vir verwerking in verskeie produkte.

Die afgelope jaar was ‘n baie moeilike jaar vir ons vissermanne. Die weer was uitdagend en die laaste goeie vangste was rondom April vanjaar en dit raak ook ons lyn- en rotsvissers. Maar deur die vet en die maer jare, het die vissersbedryf van Gansbaai biddend en dankend volgehou. 

Nou maak ons weer so - om dankie te sê vir die jaar wat verby is. Ons plaaslike kerke word, soos in die verlede, gevra om voor te vat en ons vissersgemeenskap byeen te roep. Almal wat geraak word, elkeen wat belangstel, of wil ondersteun, is baie welkom. Wat vanjaar bykom met die dankdiens, is die herinweiding van die kennisgewingbord met die vuurtoring- en kruislogo, met die bekende inskripsie: 

“HAWE VAN GOD SE GENADE”.

Die DOGS of WAR Motorfietsgroep is verantwoordelik vir die borg-, ontwerp- en opsit daarvan.

Besonderhede:

Plek - Gansbaai Hawe, voor Boathouse Restaurant. 

Hekke open om 16:OO.

Gratis biljette beskikbaar vanaf 17:OO. Ontmoeting by hernude Logobord om 18:30.

Saamtrek voor boothuis met Gansbaai Lions wat plekke aanwys. 

Samesang - 18:45.

Diens - 19:OO.

Afrikaanse prediker: Past Paul J van Rensburg.

Engelse prediker: Rev Davene Vermeulen.

130 stoele word deur Lede in Christus verskaf, maar bring aub stoele saam vir gebruik agterop-, langs-, of voor u voertuig - daar is gewoonlik ‘n tekort aan stoele. Sit gerus ook in u voertuig. 

Laat gasvryheid ons leuse wees.

NOTA: 

In geval van stormweer, verskuif die diens na ons AGS Lofsentrum, Mullerstraat, 20, Gansbaai. 

OUR SERVICE OF DEDICATION WILL TAKE PLACE ON 12 JANUARY 2025, 18:30 FOR 19:00. DETAIL TO FOLLOW.

Enquiries:

Floors Avenant - 082 820 8966

Norman Sauls - 066 028 3702
 

15 Desember 2024: Vissermansdankdiens

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

New Branding at Komtessa Boutique

New Branding at Komtessa Boutique

We’re excited to introduce our fresh new branding!

Komtessa Boutique
New Mural at Astron Garage Gansbaai

New Mural at Astron Garage Gansbaai

Our Gorgeous Gansbaai Arts Project finishes our 29th mural, for our new Astron Garage. 

Support Sunshine Nation at This Special Event

Support Sunshine Nation at This Special Event

We’re so grateful to be part of something truly special!

Sunshine Nation
When You Feel Unheard in a Relationship

When You Feel Unheard in a Relationship

No matter how clearly they spoke…

Fireplace and Built-in Braai Installation Hermanus and Pearly Beach

Fireplace and Built-in Braai Installation Hermanus and Pearly Beach

Another two quality jobs done and dusted!

@UR Service
Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles