Blog

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Gans-Berg Nuus / News

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon. Die deelnemers was dit eens dat hierdie kompetisie nie noodwendig oor wen of verloor gaan nie, maar dat dit vir hulle ‘n voorreg is om met hulle netjiese tuine ‘n voorbeeld aan die res van die gemeenskap te stel om dieselfde te doen.

Gansbaai Toerisme is van mening dat die Tuinmaak-ambassadeurs die gemeenskap inspireer en tot groter hoogtes dryf. Die pryse is op 2 Desember 2024 oorhandig en die uitkoms het op uitstekende resultate gedui met netjiese en pragtige blom- en groentetuine van hoogstaande gehalte.

Blompark-wenners:

1ste prys: Blomtuin - Elizabeth Kondoktor; 2de prys: Mees kreatiwe Blomtuin - Lena Europa; 1ste prys: Blom- en Groentetuine - Strandlopertjies kleuterskool en Freek Phillips; VGK-gemeente vir Beginners Blomtuin; Hazel Groenewald vir Beginners Blommetuin. Freek Phillips, bekend vir sy mooi tuin voor Silwerjare Dienssentrum, het ‘n ‘trollie’ benodig vir al die pryse wat hy ingepalm het.

Masakhane-winners:

1st prize Flower Garden - Nzameni Mane; 1st prize Vegetable Garden - Zamile Joja; 2nd prize Vegetable Garden - Thobeka Vivashe.

Die Gans-Berg Nuus wens die wenners, asook die res van die deelnemers, van harte geluk met hulle prestasies en volgehoue harde werk, met die boodskap: “Doen so voort en inspireer die res van die gemeenskappe!” Die kompetisie was ‘n viering van tuinbou-uitnemendheid, met tuine vol kleur en kreatiwiteit. Die beoordelaars was beïndruk deur die toewyding en harde werk wat deur alle deelnemers aan die dag gelê is. 

Hardus Botha

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

When Fear Starts Leading Your Business

When Fear Starts Leading Your Business

When business becomes difficult, panic often disguises itself as productivity.

Komtessa May Specials

Komtessa May Specials

Stylish savings for every wardrobe!

Komtessa Boutique
GIVE A DOG SHELTER THIS WINTER

GIVE A DOG SHELTER THIS WINTER

Right now, many community dogs are outside in this cold and rainy weather without even a kennel to keep them warm and dry. 

Fostering Animals
Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026.

Gansbaai Golf Club
Another Gansbaai SteriThon Success

Another Gansbaai SteriThon Success

The second Community Animal Action (CAA) SteriThon was a success!

Fostering Animals
20 Entrepreneurs Start 12-Month Mentorship Programme

20 Entrepreneurs Start 12-Month Mentorship Programme

Here is a quick snapshot of the 20 small business owners who have been selected to start a journey of 12 months of business mentorship.

Grootbos Foundation
See All Articles