Blog

Franskraal Rolbalklub - Spog-trofeë vir Rolbalspelers

Franskraal Rolbalklub - Spog-trofeë vir Rolbalspelers

Gans-Berg Nuus / News

Franskraal Rolbalklub - Spog-trofeë vir Rolbalspelers

Die Jaareindfunksie, ingesluit prysuitdelings van Franskraal Rolbalklub op Saterdag, 7 Desember 2024, het sommer spoggerig verloop. Die klub is 40+ jaar gelede in 1981 deur Floris Muller gestig en het sedertdien net van krag tot krag gegroei. 

Lani Swart, President, het die verwelkoming hanteer en die Klubkaptein, Altus le Roux, na vore geroep vir die oorhandiging van die groot verskeidenheid van trofeë, sertifikate en medaljes. Naas die Mans- en Dames Enkels-kampioene, is daar elf (11) verskillende kategorieë waarin pryse verower is. 

Die Dames Enkels 2024-kampioene is Lani Swart (1ste, met goud) en Pat Witz (2de, met silwer);

Die Mans Enkels 2024-kampioene is Tommie van Niekerk (1ste, met goud) en Johan van der Mescht (2de, met silwer) - baie geluk aan hierdie 4 rolbalspelers.

Die res van die uitslae:

Beginners Enkels - Dames: Elra le Roux (goud) en Marthie Booysen (silwer) // Mans: Kobus Geyser (goud) en Michael Swart (silwer);

Gekose Pare - Dames: Lani Swart en Elra le Roux (goud), met Hilda de Jager en Pat Witz (silwer) // Mans - Michael Vermeulen en Altus le Roux (goud), met Charl Conradi en Pieter van Dyk (silwer);

Gekose Gemengde Pare - Charl Conradi en Pat Witz (goud), met Lani Swart & Altus le Roux (silwer);

Geslote Pare - Dames: Lani Swart en Diane Roodman (goud), met Marlene van Rooyen en Lorette Sieg (silwer) // Mans: Hugo Burger en Harry de Jager (goud), met Jurgens Schreüder en De Wet Gilliomee (silwer);

Geslote Driespel - Pieter Beukes, Johan van der Mescht en Leon Brits (goud), met Michael Vermeulen, Altus le Roux en Lorette Sieg (silwer);

Voorgee Enkels Gemeng - David Roos (goud), met Tommie van Niekerk (silwer);

Tweebal Enkels - Dames: Marlene van Rooyen (goud), met Hannalie Kitshoff (silwer) // Mans: David Roos (goud), met Tommie van Niekerk (silwer). 

Kennis kan geneem word van die klub se aanbieding van die bekende ‘Stoepstories’ deur Human du Toit en Gertjie Odendaal op Saterdag, 21 Desember 2024 in die klubsaal - dit beloof om groot pret in te hou. Vir navrae kan Lorette Sieg by 082 494 0359 geskakel word.

Hardus Botha

Franskraal Rolbalklub - Spog-trofeë vir Rolbalspelers

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

New Branding at Komtessa Boutique

New Branding at Komtessa Boutique

We’re excited to introduce our fresh new branding!

Komtessa Boutique
New Mural at Astron Garage Gansbaai

New Mural at Astron Garage Gansbaai

Our Gorgeous Gansbaai Arts Project finishes our 29th mural, for our new Astron Garage. 

Support Sunshine Nation at This Special Event

Support Sunshine Nation at This Special Event

We’re so grateful to be part of something truly special!

Sunshine Nation
When You Feel Unheard in a Relationship

When You Feel Unheard in a Relationship

No matter how clearly they spoke…

Fireplace and Built-in Braai Installation Hermanus and Pearly Beach

Fireplace and Built-in Braai Installation Hermanus and Pearly Beach

Another two quality jobs done and dusted!

@UR Service
Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles