Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › Community
Blog

‘Dogs of War’...met klein Omgee-harte

‘Dogs of War’...met klein Omgee-harte

Gans-Berg Nuus / News

‘Dogs of War’...met klein Omgee-harte

Die motorfietsklub, Dogs of War, het hulself al deur en deur bewys as motorfietsers met klein, omgee-harte waar dit by liefdadigheid kom. So was dit ook onlangs die geval by Harbour on Deck van Junior (Pieter) en Bronwyn van der Westhuizen.

Die pragtige bedrag wat aan Suzette Botha van Overstrand Hospice oorhandig is, was ‘n groot spanpoging - met Junior en Bronwyn, asook Hilda Rodrigues, Bestuurder, wat die puik reëlings by Harbour on Deck getref het, asook ‘n sanggroep wat hulle gereël het om die verrigtinge mee af te sluit. Ander rolspelers was Ouskool in Baardskeerdersbos, Kuslangs en Buitesteen, asook Gansbaai-inwoners en natuurlik al die motorfietsers. Dogs of War se motorfietsers het behoorlik ‘n erewag vir Suzette gevorm en almal het op die trappe van Harbour on Deck bymekaargekom vir die oorhandiging.

“Vir my as mamma gaan dit alles oor die bewusmaking van kanker,” het Hilda gesê. “Ons het ‘n pers kleurskema gebruik, aangesien dit die kleur van die testikulêre kanker is waarmee my seun, Michael Rodrigues, gediagnoseer is.” Michael is ‘n skrale 3 weke na sy diagnose op 22 Augustus 2024 oorlede. “Ons Harbour on Deck ‘spray or shave event’ was ter ere van Michael gereël,” het Hilda bygevoeg.

Een van die ‘Bickers’, Jannie (Slangvel) Vermeulen, het vanjaar, soos vorige jare, sy baard aan die jaarlikse kanker-rit geskenk. Dirkie Kotze het met sy mes Jannie se baard afgesny en dit daarna opgeveil - sy baard was ‘n pragtige R900 vir Hospice werd! Verskeie ander motorfietsers het ook hulle hare gekleur of afgesny as deel van die fondsinsameling, maar ook as ondersteuners van Kansa.

Image 1
Junior (Pieter) en Bronwyn van der Westhuizen, eienaars van Harbour on Deck.
Image 2
Jannie Vermeulen.

Hardus Botha

‘Dogs of War’...met klein Omgee-harte

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles