Blog

‘Dogs of War’...met klein Omgee-harte

‘Dogs of War’...met klein Omgee-harte

Gans-Berg Nuus / News

‘Dogs of War’...met klein Omgee-harte

Die motorfietsklub, Dogs of War, het hulself al deur en deur bewys as motorfietsers met klein, omgee-harte waar dit by liefdadigheid kom. So was dit ook onlangs die geval by Harbour on Deck van Junior (Pieter) en Bronwyn van der Westhuizen.

Die pragtige bedrag wat aan Suzette Botha van Overstrand Hospice oorhandig is, was ‘n groot spanpoging - met Junior en Bronwyn, asook Hilda Rodrigues, Bestuurder, wat die puik reëlings by Harbour on Deck getref het, asook ‘n sanggroep wat hulle gereël het om die verrigtinge mee af te sluit. Ander rolspelers was Ouskool in Baardskeerdersbos, Kuslangs en Buitesteen, asook Gansbaai-inwoners en natuurlik al die motorfietsers. Dogs of War se motorfietsers het behoorlik ‘n erewag vir Suzette gevorm en almal het op die trappe van Harbour on Deck bymekaargekom vir die oorhandiging.

“Vir my as mamma gaan dit alles oor die bewusmaking van kanker,” het Hilda gesê. “Ons het ‘n pers kleurskema gebruik, aangesien dit die kleur van die testikulêre kanker is waarmee my seun, Michael Rodrigues, gediagnoseer is.” Michael is ‘n skrale 3 weke na sy diagnose op 22 Augustus 2024 oorlede. “Ons Harbour on Deck ‘spray or shave event’ was ter ere van Michael gereël,” het Hilda bygevoeg.

Een van die ‘Bickers’, Jannie (Slangvel) Vermeulen, het vanjaar, soos vorige jare, sy baard aan die jaarlikse kanker-rit geskenk. Dirkie Kotze het met sy mes Jannie se baard afgesny en dit daarna opgeveil - sy baard was ‘n pragtige R900 vir Hospice werd! Verskeie ander motorfietsers het ook hulle hare gekleur of afgesny as deel van die fondsinsameling, maar ook as ondersteuners van Kansa.

Image 1
Junior (Pieter) en Bronwyn van der Westhuizen, eienaars van Harbour on Deck.
Image 2
Jannie Vermeulen.

Hardus Botha

‘Dogs of War’...met klein Omgee-harte

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles