Agter-agterkleinkind ‘kondig’ somer aan

Agter-agterkleinkind ‘kondig’ somer aan

Gans-Berg Nuus / News

Agter-agterkleinkind ‘kondig’ somer aan

“Ons agter-agterkleinkind het die Somer vir ons in Franskraal aangekondig terwyl sy opgewonde op pad see toe was met haar grafie en emmertjie,” het Lambert (Smittie) Smith van Franskraal laat weet. Smittie en sy eggenote, Yvonne, is jarelange inwoners van Franskraal. Die agter-agterkleinkind waarna verwys word, is Milah Bester (amper-2) en die foto van haar op die houtbruggie vertel presies waarom haar groot-grootouers so gesê het.

Milah se ma en pa is Tania (Bester) en Muneeb Galant, en Tania se ouers is Francois en Letitia Bester, met die Smith-egpaar van Franskraal as Milah se groot-grootouers. “Oom Smittie en Tannie Yvonne se huis was een van die eerste huise in hulle straat, toe hulle 30 jaar gelede in Franskraal laat bou het,” vertel Tania. “Hulle het sak en pas Franskraal toe getrek en is vandag een van die trotste inwoners daar.” Tania sê dit beteken dat sy Franskraal en die dorp sien groei het tot waar dit vandag is. “Ons was elke vakansie, en sommer naweke tussen-in, by die see.” Sy is selfs op haar dag as Mej Uilenkraal en Mej Pearly Beach gekroon, terwyl sy ook as Mej Kreefie by Laerskool Gansbaai gekroon is.

“Toe ons nou onlangs weer daar was, wou my ouma net weet of ons die Kerk ondersteun het, met my oupa wat waarsku dat ek versigtig moet ry en die verkeersreëls moet nakom, aangesien Gansbaai se ‘Spietkops’ hulle werk behoorlik doen,” het Tania gesê. Sy vertel ook dat ‘n groot rustigheid haar oorval het toe hulle Franskraal binne ry en sy het sommer weer tuis gevoel - “ek was maar 2 jaar oud toe ons in Franskraal begin vakansie hou het en nou is ek met my eie, amper 2-jarige kind, hier, asook my ander kind, Kiyan,” vertel sy. “Dit voel vir my soos ‘n vol-sirkel wat ek voltooi het om te kan sien hoe my kinders die dorpie net so geniet soos ek dit as kind geniet het.”

“Die dorp is gevul met soveel liefde en omgee en loop oor van vriendelike mense,” sluit Tania haar gesprek met die Gans-Berg Nuus af. “Dankie aan die mense soos my ouma en oupa, wat met trots sê hulle woon in Franskraal, Gansbaai en wat altyd met soveel opgewondenheid vertel oor die dinge wat in die dorp gebeur.”

Image 1
Millah Smith ‘kondig’ die Somer aan op pad see toe.
Image 2
Tania Bester (mamma) saam met Millah en Kiyan.
Image 3
Oupa Lambert en Ouma Yvonne Smith.

Hardus Botha

Agter-agterkleinkind ‘kondig’ somer aan

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles