Blog

Wes-Kaap Triomfeer in Skaaktoernooi

Wes-Kaap Triomfeer in Skaaktoernooi

Gans-Berg Nuus / News

Wes-Kaap Triomfeer in Skaaktoernooi

Die Wes-Kaapse skaakspan het ses goue medaljes, een silwer en ses brons in die 14 ouderdomsafdelings gewen. Die span het ook die posisie as die Top-skaakprovinsie in Suid-Afrika ingeneem deur 470.5 punte te behaal. Gauteng was tweede met 424.5 punte en die Oos-Kaap derde met 414.5 punte. Die Mzansi Inter-provinsiale Skaakkampioenskap van 2024 het in Polokwane in Limpopo vanaf 15-19 Desember 2024 plaasgevind.

Die Wes-Kaapse span wat aan die toernooi deelgeneem het, het uit 150 lede bestaan - dit was ook die eerste Wes-Kaapse skaakspan wat volledige Wes-Kaapse kleure vanaf die Wes-Kaapse Sportfederasie ontvang het. Die Wes-Kaapse skaakspan het vroeër vanjaar die Winterspele gewen en het hulself nou as die Top-Jeug-Skaakprovinsie bewys. Die bestuurder van die Wes-Kaapse span, Freek Geyser, het die sukses toegeskryf aan die eenheid binne die span, die veerkragtigheid van die spelers en die onsersteuning van die ouers en afrigters.

Laerskool Gansbaai (LSG)
LSG was by bogenoemde prestasies ingesluit - hulle het nie op hul louere gerus nie en kan met reg trots voel op hul eie prestasies! Die 0/8 Wes-Kaapse span het goud verower, met LSG se Rossouw Coetzer en Lihan Lourens wat in dié span was. Die 0/12 Wes-Kaapse meisiespan het ook goud verower, met LSG se Anneke du Preez wat in dié span was. Die 0/12 Wes-Kaapse seunsspan het brons verower, met Hanro Coetzer en Heinrich Buhr van LSG wat in dié span was. Die 0/14-Wes-Kaapse meisiespan het ook goud verower, met Luandi van der Linde, Danielle Stevens en Alet du Preez van LSG wat in dié span was.

Algeheel het Danielle Stevens ‘n 3de plek verower, Rossouw Coetzer ‘n 9de plek, Hanro Coetzer ‘n 9de plek, Anneke du Preez ‘n 10de plek en Luandi van der Linde ‘n 10de plek - elkeen in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Hiermee ook die Gans-Berg Nuus se gelukwense aan LSG se skaakspelers!

Hardus Botha

Wes-Kaap Triomfeer in Skaaktoernooi

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles