Blog

Overberg Kushengelklub

Overberg Kushengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Kushengelklub

Mooi visse ondanks warm seewater.

Overberg Kushengelklub se hengelaars het op Saterdag, 11 Januarie 2025 met hulle eerste hengelkompetisie vir 2025 afgeskop. “Die gesoute hengelaars was nie baie hoopvol vir goeie vangste nie as gevolg van die warm seewater,” vertel Alba Tredoux van die klub. “Nogtans is ‘n ou grote of wat kant toe gebring.”

‘n Totaal van 40kg vis (Catch & Release) is gevang, met Thys Kemp van De Kelders wat man-alleen 22kg daarvan gevang het - “Thys, jou ou doring!” Johnny Hanekom het ‘n totaal van 5kg ingeweeg en Melchi Botha 4kg. Dit is die klub se beleid om op die beginsel van ‘Catch & Release’ te hengel - die visse word net geweeg, gemeet en bewonder en dan terug see toe met hulle. 

Elba sê dit was nogtans lieflike see-weer, totdat die windjie begin stoot het. “Ons is werklik bevoorreg om nog die ongereptheid van ons kuslyn so te kan geniet, selfs al is die vis aan die skaars kant,” het sy gesê. “Miskien is party van ons nog net hengelaars en nog nie vissermanne nie!”, het sy met die tong-in-die-kies bygevoeg. “Soos gewoonlik was die aand se saamkuier ‘n fees en opnuut weer ‘n geleentheid om die vriendskapsbande te verstewig,” vertel sy. “Ons gereelde Musiekfabriek maak natuurlik ‘n groot deel uit van die aand se vrolikheid, dít, tesame met ‘n smaaklike ete!”

Elba nooi graag almal met ‘n liefde vir die see en hengel uit om by die Klub aan te sluit. Dit is dan ook ‘n gulde geleentheid om nuwe mense met ‘n gedeelde passie te ontmoet, het sy bygevoeg. “Geleenthede soos hierdie is moeilik om aan te bied sonder ons gereelde borge vir wie ons baie dankie sê: Kuslangs Restaurant, Gansbaai Vismark, Battery Centre (Kuilsriver), Fish Fever en Buitesteen Pub and Grill en hulle kan gerus ondersteun word,” het Elba afgesluit.

Overstrand Kushengelklub se volgende hengelkompetisie is vir die naweek van 8 Februarie 2025 geskeduleer.

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

When Fear Starts Leading Your Business

When Fear Starts Leading Your Business

When business becomes difficult, panic often disguises itself as productivity.

Komtessa May Specials

Komtessa May Specials

Stylish savings for every wardrobe!

Komtessa Boutique
GIVE A DOG SHELTER THIS WINTER

GIVE A DOG SHELTER THIS WINTER

Right now, many community dogs are outside in this cold and rainy weather without even a kennel to keep them warm and dry. 

Fostering Animals
Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026.

Gansbaai Golf Club
Another Gansbaai SteriThon Success

Another Gansbaai SteriThon Success

The second Community Animal Action (CAA) SteriThon was a success!

Fostering Animals
20 Entrepreneurs Start 12-Month Mentorship Programme

20 Entrepreneurs Start 12-Month Mentorship Programme

Here is a quick snapshot of the 20 small business owners who have been selected to start a journey of 12 months of business mentorship.

Grootbos Foundation
See All Articles