Blog

Blink ogies oor geskenkpakkies

Blink ogies oor geskenkpakkies

Gans-Berg Nuus / News

Blink ogies oor geskenkpakkies

Opgewonde kinders van Elim Outreach, Gansbaai, het op Dinsdag, 28 Januarie 2025, in groot afwagting voor die tafel met kleurvolle geskenkpakkies saamgedrom. 

Die weldoeners was die Vriende van Kuslangs Restaurant onder leiding van Collin van der Merwe en hy is deur Barnie Germishuys vergesel. Met die aankoms van Elim Home se Oorhoofse Hoof, Lucinda Cunningham, is die geskenkpakkies amptelik deur Collin aan haar oorhandig - die pakkies was gevul met skryfbenodigdhede, skryfboekies en inkleurboeke. Lekkergoedpakkies, wat dalk meer aandag as die geskenkpakkies ontvang het (!), is ook aan die sowat 22 kinders uitgedeel. Elmarie Fourie, Arbeidsterapeut, het ook die oorhandiging bygewoon. 

“Ons is 'n groep vriende wat op liefdadigheidswerk fokus,” het Collin gesê. “Vir vandag se oorhandiging het ons 'n spitbraai onderling gereël om fondse vir die geskenke in te samel.” Collin vertel dat hulle volgende groot projek vir Elim teen einde November vanjaar sal realiseer. “Ons beplan twee Kerspartytjies, een vir Elim Outreach, Gansbaai en een vir Elim Kinderhuis (Elim), waar daar sowat 51 inwoners is,” het Collin gesê. “Daar sal beslis 'n Kersvader wees wat die geskenke gaan uitdeel.”

Hardus Botha

Blink ogies oor geskenkpakkies

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles