Klugspel Operette

Klugspel Operette

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Houtkapper, Sneeuwitjie en Rooikappie hard besig om te oefen

Met die NG-gemeente se koorlede hard aan die oefen oor die afgelope paar weke, is hulle beplande klugspel-operette, Sneeuwitjie en die 7 Bergies, beslis iets om na uit te sien. Dit voldoen in alle opsigte aan die woordverklarings van “klugspel” en “operette”: humor, skreeusnaakse tonele, die onmoontlike en gepaardgaande met sang en musiek.  “Ons wil die gehoor laat skaterlag soos lanklaas, maar tersefdertyd wil ons fondse op hierdie wyse insamel as ons bydrae tot die herstel van die kerkhorlosie,” sê Aletta Lochner, koorafrigter en ook regisseur van die operette.

Al die toneelspelers, insluitend Sneeuwitjie en die bose Koningin, word deur manlike koorlede vertolk. Die dameslede sorg vir bykomende- en agtergrond koorsang, met Annelene Reinke agter die klavier as begeleier.

Al die karakters is daar - Sneeuwitjie, die bose ko-ningin, die 7 Bergies wat by ‘n plaaslike myn werk, die Lakei, die Waarsêer en die Houtkapper, die prins op sy besemstokperd, met selfs Rooikappie wat haar verskyning maak.

Met die finale “aanslag” op Sneeuwitjie se lewe, kom die Bergies gelukkig vroeg van die myn af as gevolg van ‘n staking, waarna die prins op sy besemstokperd opdaag, met ‘n gerunnik wat wie weet waar gehoor kan word.

Voorbeelde van liedjies wat skreeusnaaks by die toneelspel pas, is onder andere Aanstap Rooies, Boegeberg se dam, Catch a falling star, Handvol vere, Lord its hard to be humble, Maggie en veel meer. Meer mag nie uitgelap word nie.

Koop gerus nou reeds die kaartjies by die NG-kerkkantoor (028-384-0510): R40 (volw) en R20 (kinders).

Die klugspel-operette word op Vrydagaand en Saterdagaand, 25 en 26 April 2014 om 19:00 vir 19:30 in die Pretoriussaal aangebied.

Hardus Botha

Die vrolike NGK Koorlede tydens ‘n inoefening van die klugspel, Sneeuwitjie en die 7 Bergies

Klugspel Operette

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles