Grusame motorongeluk eis 3 kinderlewens

Grusame motorongeluk eis 3 kinderlewens

Gans-Berg Nuus / News

Grusame motorongeluk eis 3 kinderlewens

'n Grusame motorongeluk op die R43 naby Stanford op 1 Mei 2025 om 11:48, het die lewens van drie kinders geëis - 'n 7-jarige seun, 'n 8-jarige dogter en nog 'n 10-jarige dogter wat opslag dood is.  “Dit was 'n grusame toneel om te aanskou,” het AdjOff Booysen van Stanford SAPD gesê.  Die ongeluk, asook foto's, is reeds wyd en syd op sosiale media versprei, maar Gans-Berg Nuus het met AdjOff Booysen gesels om seker te maak die feite is korrek. 

‚n 'Taxi', met twee volwassenes (bestuurder plus nog 'n volwassene), was met 13 skoolkinders vanaf Gansbaai na Hermanus oppad.  Na verneem word sou die kinders 'n NGO-projek bywoon.  Dit het gereën en die pad was baie nat en glad.  Na bewering het die 'taxi'-bestuurder beheer oor sy voertuig verloor, gegly en teen 'n aankomende Fortuner gebots.  Die 'taxi' het gerol en teen nog 'n Fortuner gebots, voordat dit in 'n sloot langs die pad beland het, met van die kinders wat in die proses uitgeval het.

“Van die ander kinders is ernstig beseer, met een vrou wat uit die wrak gesny moes word, maar mediese personeel, ambulanse en die SAPD was vinnig op die toneel,” het AdjOff Booysen gesê.  Die R43 was daarna vir etlike ure gesluit en die verkeer moes aanvanklik van die R326 (Papiesvlei-grondpad) gebruik maak.  As gevolg van die reën, wat die grondpad baie gevaarlik vir die hoeveelheid voertuie gemaak het, is motorbestuurders ernstig versoek om van die alternatiewe roete via Napier / Bredasdorp gebruik te maak.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD), het gesê hulle sal berading aan die skool beskikbaar stel sodra die leerlinge terugkeer van die vakansie af.  Die Departement het ook sy medelye met alle betrokkenes en families betuig.

AdjOff Booysen het gesê 'n Saak van Strafbare Manslag word ondersoek.

(Foto's is verskaf)

Hardus Botha

Grusame motorongeluk eis 3 kinderlewens

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

When Fear Starts Leading Your Business

When Fear Starts Leading Your Business

When business becomes difficult, panic often disguises itself as productivity.

Komtessa May Specials

Komtessa May Specials

Stylish savings for every wardrobe!

Komtessa Boutique
GIVE A DOG SHELTER THIS WINTER

GIVE A DOG SHELTER THIS WINTER

Right now, many community dogs are outside in this cold and rainy weather without even a kennel to keep them warm and dry. 

Fostering Animals
Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026.

Gansbaai Golf Club
Another Gansbaai SteriThon Success

Another Gansbaai SteriThon Success

The second Community Animal Action (CAA) SteriThon was a success!

Fostering Animals
20 Entrepreneurs Start 12-Month Mentorship Programme

20 Entrepreneurs Start 12-Month Mentorship Programme

Here is a quick snapshot of the 20 small business owners who have been selected to start a journey of 12 months of business mentorship.

Grootbos Foundation
See All Articles