Blog

Jongboer van die Jaar Finaliste

Jongboer van die Jaar Finaliste

Gans-Berg Nuus / News

Jongboer van die Jaar Finaliste

Agri Wes-Kaap is trots om die agt finaliste vir die 2025 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aan te kondig - 'n toekenning wat uitnemendheid, leierskap en volgehoue toewyding in die landboubedryf vier.

Dié finaliste is nie net jonk nie, maar reeds gevestigde produsente wat 'n waardevolle bydrae tot hul gemeenskappe en die Wes-Kaapse landbou-ekonomie lewer. 

Hulle is:

* André Swanepoel (28), wat reeds 7 jaar in die Langeberg-gebied met sitrus, steenvrugte, wingerd en groente boer;

* Francois Rossouw (30), met 6,5 jaar ondervinding in die Hexriviervallei, waar hy tafeldruiwe op 310 hektaar produseer;

* Gordon Anderson (36), wat reeds 16 jaar met appels en pere op 83 hektaar in die Overberg boer;

* Hermann Heins (25), wat 125 hektaar wingerd en 450 varksôe in die Stellenbosch-streek bestuur;

* Jaco Bruwer (25) van Barrydale, wat reeds 5 jaar met perskes, nektariens, pere, appelkose, suurlemoene en pampoene boer;

* Mario Lombard (39), 'n ervare boer van George, wat avokado's en vleisbeeste bestuur en hy boer al vir 19 jaar.

* Musa Mfengu (39), van Tulbagh, wat op 36,6 hektaar bloubessies produseer en reeds 13 jaar in die bedryf is;

* Niel Bruwer (37) van die Ceres/Hamlet-gebied, met 15 jaar ervaring.  Sy onderneming sluit in droëvrugte op 90 hektaar en kernvrugte op 145 hektaar.

Volgens die beoordelaars se sameroeper, Inus Oosthuizen, is die beoordelaarspaneel opgewonde oor die komende besoeke aan die finaliste se plase: “Elke jaar word ons verras deur die gehalte van jong boere in ons provinsie - en vanjaar is geen uitsondering nie.  Wat hierdie groep besonders maak, is die diversiteit van boerderye wat ons gaan besoek - vanaf

bloubessies tot varke, en van tafeldruiwe tot avokado's.  Ek sien uit daarna om eerstehands te beleef hoe hierdie boere in hul onderskeie velde uitblink.”

Die wenner van die 2025 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie sal op 11 Junie aangekondig word.  Die provinsiale wenner sal die Wes-Kaap dan verteenwoordig in die Nasionale Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie wat later vanjaar plaasvind. 

Vir navrae kan Rojeanne de Wet, Skakelbeampte, by 071 170 3744 gekontak word, of stuur 'n epos aan haar by rojeanne@awk.co.za.

Jongboer van die Jaar Finaliste

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles