Dienslewering is prioriteit by Chatz Connect Gansbaai (Overcell)

Dienslewering is prioriteit by Chatz Connect Gansbaai (Overcell)

Gans-Berg Nuus / News

Image

Dienslewering is prioriteit by Chatz Connect Gansbaai (Overcell)

Vir Francois van der Westhuizen, eienaar van Chatz Connect Gansbaai (Overcell), of soos algemeen bekend onder gemeenskapslede, Francois se 'Vodacom-winkel', is goeie dienslewering 'n eerste prioriteit en belangriker as die produkte wat hy beskikbaar het. “'n Tevrede kliënt met dienslewering, vertel vir 1 persoon - 'n ontevrede kliënt oor swak dienslewering, vertel dit vir 9 ander,” het Francois gesê. 'n Ander uitstaande kenmerk van hom is dat hy glo die eienaar van 'n besigheid moet betrokke wees - kliënte moet weet wie die eienaar is en hy moet sigbaar wees. Francois en sy eggenote, Gwyneth, met hulle knap assistent, Sonet le Roux wat die pad al sowat 4 jaar saam met hulle stap, beman tans die winkel.

Aanvanklik was die winkel vir sowat 3 jaar op 3 verskillende plekke in Hoofstraat, voordat Francois in 2002 na die Great White Junction verhuis het, waar die diere-produkte winkel nou is. Daar was hy en sy span bekende gesigte tot 2021, sowat 19 jaar, totdat hy net oor die gang na 'n nuwe winkelruimte verhuis het. Na sowat 4 jaar daar, het hy op 1 April 2025 na die winkel op die hoek in die bekende 'Kekkel en Kraai'-gebou verhuis. Vir sy besigheid is dit nie 'n probleem nie - sy gereelde kliënte weet waar om hom te kry, en die wat nie weet nie, of wat besoekers is, vind baie vinnig uit, aangesien hy nie net baie bekend is en 'n goeie naam vir homself gemaak het nie, maar ook is hy die enigste Vodacomhandelaar in Gansbaai. Die dienste wat gelewer word is onder andere: 'New Contracts, Upgrades, Cash Phones, Accessories, Fibre, Wireless Internet, Prepaid, SIM Swop'. Daar draai mens nie om voordat jou probleem nie opgelos is nie.

Francois is oorspronklik van die Kaap en daarna na Bonnievale, waar hy sy groot liefde, Gwyneth, ontmoet het. 'n Tweeling (18), Elmar en Cara, is uit die huwelik gebore. Baie is al in Gansbaai oor die tweeling met hulle uitstaande sport- en musiektalente geskryf. Die twee het egter 'n verantwoordelike besluit geneem en dit is om vanjaar in hul matriekjaar af te skaal met hul sport- en musiekbedrywighede en eerder op hulle studies te fokus vir goeie punte met die oog op beurse. Cara beplan 'n mediese rigting en Elmar 'n besigheidsrigting. 

Interessant genoeg, die egpaar is in Oos-London by Pep Stores opgelei. Francois was op die punt om na Streeksbestuurder bevorder te word en Gwyneth na Areabestuurder. Toe bedank altwee van hulle en hulle het nog nooit weer teruggekyk nie.

Besigheidsure is: Weeksdae 08:00-17:30, Saterdae 08:00-14:00 en Sondae 09:00-13:00. “Dan is ons ook op alle vakansiedae oop, behalwe op Kersdag. Vir uitstekende diens, besoek hulle gerus by Hoofstraat 64, op die hoek van die bekende 'Kekkel & Kraai' kompleks, of skakel hulle by 079 887 8404, of stuur 'n epos aan overcell@vodadealers.co.za.

Hardus Botha

Dienslewering is prioriteit by Chatz Connect Gansbaai (Overcell)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles