Blog

Nou wink 100 vir Betsie

Nou wink 100 vir Betsie

Gans-Berg Nuus / News

Nou wink 100 vir Betsie

Ja-nee, nou wink die 100ste lewensjaar vir Tannie Betsie van der Merwe van De Kelders - om na haar op haar 99ste verjaarsdag te kon kyk, is om te weet: Betsie het net geen einde nie. Op Saterdag, 14 Junie 2025 het sy en 'n paar vriende, kinders en kleinkinders haar 99ste verjaarsdag in haar huis gevier - en dit was sommer 'n gesellige saamkuier gewees - met Betsie, ongeag 'n gehoorprobleem, wat steeds nie op haar mond geval is nie. 

Betsie se flink en getroue tuisversorger, Analise Kleyn, het die kombuistoonbank, in opdrag van Betsie, behoorlik onder eetgoed en koek laat 'kreun'. Betsie se tweede tuisversorger, Christa Smal, het flink met die bediening van tee en koffie gehelp. Die groepie het heerlik saam met Betsie gekuier, asook haar liefling-BARC-hond, Asjas. Gelukkig vir haar, was daar net 2 kersies op die verjaarsdagkoek om dood te blaas - 1 op elke 9 van 99!

Betsie is op 14 Junie 1926 in Edenburg, Vrystaat gebore en het in Lusikisiki in die Transkei grootgeword, maar is later na Stellenbosch. Daar het sy haar trouman, Charl, op 'n 'blind date' ontmoet, waarna hulle later getroud is. Drie kinders is uit die huwelik gebore: Charl van der Merwe, getroud met Carmen; André van der Merwe, ongetroud; Surina de Jager, getroud met Stix - en Betsie wat spog met 7 kleinkinders en 3 agterkleinkinders. 

In 1991, sowat 34 jaar gelede, het die egpaar afgetree en na Gansbaai verhuis, waar Charl haar in 1999 ontval het. “Ek is dankbaar om op 'n vol lewe te kan terugkyk - opdraendes en afdraendes ingesluit,” het Betsie vertel. “Ek is ook trots om te kan sê ek is al 34 jaar 'n volbloed Gansbaaier.” In Gansbaai was Betsie 'n staatmaker en baie aktief op verskeie gebiede. Onder andere was sy 'n stigterslid van die bekende Bietoubos Damesklub, waarvan sy tans 'n erelid is. Dit is vir die redaksie van die Gans-Berg Nuus 'n voorreg om Betsie met haar 99ste verjaarsdag geluk te wens en net goeie gesondheid en voorspoed vir haar met haar 100ste lewensjaar toe te wens.

Hardus Botha

Nou wink 100 vir Betsie

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles