Blog

Geliefde boer van B'bos oorlede -Sweatie Germishuys-

Geliefde boer van B'bos oorlede -Sweatie Germishuys-

Gans-Berg Nuus / News

Geliefde boer van B'bos oorlede -Sweatie Germishuys-

Sweatie Germishuys (76), 'n geliefde boer en kerkmens in die Baardskeerdersbos-omgewing, is op Maandag, 30 Junie 2025 onverwags oorlede. “Sweatie is Saterdag in die Bredasdorp Hospitaal met ernstige inwendige bloeding opgeneem, waar bloedoortappings gedoen is,” vertel sy broer, Cobus Germishuys. “As gevolg van geweldige bloedverlies was hy te swak om na Kaapstad oorgeplaas te word.”

Sweatie was sy hele lewe 'n boer op die plase Remhoogte en Protea - hy was ook baie betrokke by die gemeenskap en kerk was verskeie kere as ouderling verkies. “My broer sal verseker in die Strandveld-gemeenskap gemis word,” het Cobus bygevoeg. Cobus, wat verskeie berigte in die verlede aan die Gans-Berg Nuus gestuur het, het kort voor Sweatie se afsterwe 'n volledige koerantberig oor sy broer geskryf en goedgunstiglik ingestem dat die inligting gebruik mag word.

“In die rustige, landelike omgewing van Baardskeerdersbos, lê die plase Protea en Remhoogte, waar familie en harde werk die grondslag van die boerdery vorm,” skryf Cobus. “Sweatie boer al vir meer as 60 jaar - 'n lewenswyse wat begin het toe hy as jong seun op Remhoogte grootgeword het en saam met sy pa gewerk het. Later het Sweatie en sy seun, Wessel, die boerdery met toewyding voortgesit wat oor geslagte heen bewaar is.” 

Die twee plase fokus hoofsaaklik op melkboerdery en hulle voorsien melk aan Ladismith Kaas, 'n bekende melkverwerker. Hulle boer egter ook met 'n verskeidenheid van gewasse, soos mielies, groenboontjies, pampoene, skorsies, uie, beet en waatlemoene. Cobus vertel dat Sweatie en sy span ook 'n slim manier uitgevind het om niks te vermors nie. Die stronke en oorskot van mielies word tot voer vir die melkboere verwerk. Sodoende skep die boerdery 'n volhoubare stelsel waar elke deel van die oes gebruik word. Dan is daar nog hulle gewilde padstal met vars plaasprodukte en Marietta Uys (dogter) wat gratis koffie by haar 'pop-up' stalletjie aanbied, saam met roosterkoek, pannekoek en tuisgemaakte lekkernye wat te koop aangebied word.

“Sweatie se deursettingsvermoë, selfs onder moeilike omstandighede, was nog altyd 'n inspirasie vir almal wat hom geken het,” het Cobus gesê. Sweatie laat sy vrou Koba, Careen (Protea Flora), Marietta Uys, Wessel, Cobus, Rina Niemann en Beatie Willmot van Grabouw agter. Dit was Sweatie se wens om op Remhoogte begrawe te word. Hou die Gans-Berg Nuus se sosiale platforms, Facebook, TikTok en Instagram dop vir die finale reëlings. Die Redaksiespan van die Gans-Berg Nuus dra ook hulle meegevoel aan die familie oor en wens hulle sterkte toe op die pad vorentoe.

Hardus Botha

Geliefde boer van B'bos oorlede -Sweatie Germishuys-

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles